SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 14 aan Bertus Hanekom op 15 SEPTEMBER 2013, om 04H30

DIE REDE VIR ALLES.

‘’ Alles het Jahweh gemaak vir Sy doel……(Spreuke 16:4)

Die einddoel van die heelal is om My glorie duidelik te maak. Dit is die rede vir alles wat bestaan – ook jy. Ek, Elohey het alles vir My heerlikheid geskep. Sonder My heerlikheid sou daar niks bestaan het nie.

Jy vra wat is My heerlikheid? Dit My liewe kind is wie Ek is; die wese van My aard, die gewig van My belangrikheid, die skittering van My luister, die demonstrasie van My krag, en die Atmosfeer van My teenwoordigheid.

Kyk maar net om jou heen. Alles wat Ek geskape het, weerspieël My heerlikheid op die een of ander manier. Jy sien dit van die kleinste mikroskopiese lewensvorm tot die grootste Melkweg, van sonsondergange en sterre tot storms en seisoene. Ja, die hemel getuig van My mag en heerlikheid.

Deur die hele geskiedenis het Ek, My heerlikheid in verskillende omstandighede vir mense gewys. Ja, Ek het dit eers in die Tuin van Eden gewys, toe aan Moses, toe in die Tabernakel en die tempel, en toe deur Jahshua en nou deur jou.

Kyk, My Woord het mens geword en onder julle kom woon. Julle het My heerlikheid gesien …… vol genade en waarheid.

In die hele heelal betoon net twee van My skepsels My geen eer nie; gevalle engele (demone) en die mens. Alle sonde is in wese `n versuim om aan My eer te betoon. Dit is om enigiets meer lief te hê as vir My, jou Hemelse Vader. `n Weiering om eer aan My te betoon, is die rebellie van trots, en dit is die sonde wat Satan se val meegebring het – en ook die van die mens.

Bertus:

Nie een van ons gee aan Elohey die volle glorie wat Hy verdien nie. Dit is die grootste sonde en fout wat ons kan maak. Daarenteen, die grootste prestasie wat ons in ons lewe kan bereik, is om Elohey al die eer te gee wat Hom toekom. Dit moet die grootste doelwit in ons lewens wees.

Elohey:

Jy bring eer tot My deur My lief te hê, deur My te aanbid, deur jou naaste lief te hê, om soos Jahshua te word, ander met jou gawes te dien en om aan ander van My te vertel.

My liewe kind, Ek nooi jou op hierdie oomblik uit om tot My heerlikheid te leef deur die doel waarvoor Ek jou geskep het. Glo dat Ek jou liefhet, glo dat Ek jou gekies het om `n verhouding met My te hê, glo dat jy geskape is om vir altyd te leef, en glo dat Ek jou geskape het vir My doel.

Ontvang dan. Ontvang My in jou lewe. Ontvang My Gees, wat jou die krag sal gee om jou lewensdoel te vervul.

Wie in My glo, het die Ewige Lewe!

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205