SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 16 aan Bertus Hanekom op 16 SEPTEMBER 2013, om 04H00

ELOHIM SE KRAG IN JOU SWAKHEID.

‘’My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.’’ (2 Kor 12:9)

Almal het swakhede. Jy het trouens miskien ook swakhede en foute: liggaamlik, emosioneel, intellektueel en verwens jy jou swakhede. Dit beteken dat Ek hulle nie kan gebruik soos Ek wil nie. My liewe kind, Ek jou Elohey gebruik graag swak mense.

Ek het `n ander perspektief op jou swakhede. Kyk, Ek sê: ‘’Soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo jou optrede en My gedagtes bo jou gedagtes. ‘’ Kyk, Ek wil ook jou swakhede tot My glorie gebruik.

My Woord sê: ‘’….. wat vir die wêreld swak is, het Ek uitgekies om die sterkes te beskaam.’’ Kyk, jou swakhede is nie per ongeluk nie. Ek jou Elohey het hulle doelbewus in jou lewe toegelaat om My krag deur jou duidelik te maak. Ja, Ek voel aangetrokke tot mense wat swak is.

Kyk, My Woord wemel van voorbeelde hoe Ek graag onvolmaakte, gewone mense gebruik om, ondanks hul swakhede, buitengewone dinge te doen. Ek, jou Hemelse Vader is lief vir jou, erken jou swakhede, wees tevrede met jou swakhede, wees eerlik oor jou swakhede en groei in jou swakhede.

My liewe kind, swakhede moedig ook gemeenskap tussen gelowiges aan. Krag kweek onafhanklikheid (‘’ek het niemand nodig nie’’), terwyl jou beperkings wys hoe baie julle mekaar nodig het. Wanneer jy die swak draadjies van jou lewe aanmekaar weef, maak jy `n baie sterk tou. Soos sneeuvlokkies is gelowiges broos, maar wanneer hulle saamkoek, kan hulle die verkeer tot stilstand bring.

Kyk, soms verander Ek egter `n sterkpunt in `n swakheid om jou selfs meer te gebruik. As jy wil hê Ek moet jou seën en jou oorvloedig gebruik, moet jy gewillig wees om jou swakhede te erken en eerlik daaroor te wees.

Ek, Elohey gebruik swak mense.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205