SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO19 AAN BERTUS HANEKOM OP SONDAG 22 SEPTEMBER 2013 OM 04H50

SAL ONS PARAAT WEES

My liewe kinders, die vraag is, sal julle paraat wees vir die eindstryd? Ja, `n vraag soos hierdie is so aktueel soos nooit tevore nie. Kyk, daar gaan `n verwoestende uitwerking op My onvoorbereide volk wees en TYD begunstig julle beslis nie; die uurglas loop uit! Julle gaan nie meer tyd kry nie en dit wat oor is, bevoordeel die magte van die duisternis.

Ja, dit is nou die tyd waarin julle die duiwel se wêreldwye aanslag sien plaasvind om My werk op aarde totaal uit te wis. Dit is ook sy laaste probeerslag – en hy sal nie oorwin nie.

My vraag aan julle vandag is: “SAL JULLE OORWIN? IS DAAR HOOP?”

Ja, daar is hoop! Vir My volk en julle land. Kyk, daar staan geskrywe: “ Op hierdie rots van My sal Ek die gemeente bou, en die poorte van die Doderyk sal hom nie oorweldig nie.” (Matt 16:18)

Ja, “Wie sal julle skei van My liefde – verdrukking of benoudheid of vervolging of...... gevaar of swaard?

Ja, My liewe kinders, hier word daar van `n stryd, verdrukking en vervolging gepraat en dit sal my kinders nie gespaar bly nie, maar Ek, Elohey gee julle die uitkoms, die oorwinning verseker. NIKS sal julle skei van My liefde nie. Dit is die hoop!

Julle vra of daar hoop is vir jul land? As die ongeregtigheid en die sonde toeneem , ja, as die liefde van die meeste gelowiges verkoel, sal My oordeel dan nie kom nie? Of is daar hoop? Ja, vir julle land is daar hoop. My oordeel sal oor elke land kom, tensy My volk tot bekering kom.

“En My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My Aangesig soek en hulle bekeer van hul besoedelde weë, dan sal Ek uit die Hemele hoor en hulle oortredinge vergewe en hulle Aarde genees” (2 Kron 7:14)

My liewe kinders, die betekenis is duidelik. My oordeel kan afgewend word. Dit hang van My volk af. Dit gaan nie hier in die eerste plek oor die goddelose wat tot bekering moet kom nie, maar oor My volk. Ja, skyngeloof en wettiese godsdiens moet plek maak vir waaragtige geloof.

Die toekoms van jul land hang nie in die eerste plek af van die aantal sondaars nie, maar van die aantal regverdiges. Dit, My liewe kinders sien julle duidelik in die gebeurtenisse rondom Sodom en Gomorra. Die oordeel oor hulle het gekom, omdat daar `n tekort aan regverdiges was.

Ja, Ek Elohey het hulle (Sodom en Gomorra) se sonde raakgesien. Ek kon die ongeregtigheid nie langer aanskou nie. Die mense het losbandig gelewe. My Naam is nie meer genoem nie, behalwe in vloektaal.

Lees Gen. 18:23. “Toe sê Jahweh: “As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die HELE PLEK spaar OM HULLE ONTWIL”

My liewe kinders, so ook met julle land. My volk is verantwoordelik. Ja, hulle sal die bepalende faktor wees tydens die oordeel wat wêreldwyd gaan kom. Terwyl die gelowiges vir die goddelose moet oproep tot bekering, roep Ek, Elohey die gelowiges op tot inkeer en berou.

Dan sal Ek, Elohey die HELE PLEK vergewe OM HULLE ONTWIL.

Dit , My liewe kinders, hang van julle (My volk) af.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205