SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 25 op 28 SEPTEMBER 2013 om 00H10
LUISTER, EN HOOR DIE GEES VAN APARTHEID
‘’Want geen profesie is ooit deur die wil van `n adamiet voortgebring nie, maar deur die Gees van die Apartheid gedrywe, het die Apartes van die Elohim gespreek’’ (2 Petrus 1:21)
Wanneer `n mens sy lewe aan My Elohim gegee het, word jy vir My bruikbaar. Ek wil elkeen van julle iewers heen stuur op `n missie om My boodskap uit te dra. Is dit nie `n wonderlike gedagte, dat Ek Jahweh jou in My diens wil gebruik – net soos jy is, dit My liewe kinders is omdat Ek vir elkeen van julle `n spesifieke plekkie bepaal het waar Ek jou spesiaal nodig het.
So baie keer sê Ek in My Woord dat julle moet luister. Ja, julle moet hoor en luister wat die Apartgestelde Gees vir julle wil sê. In Openbaring 2:7 staan geskrywe: ‘’Wie `n oor het, laat hom hoor wat die Gees van die gemeentes sê’’ Wie dus ore het, moet dit gebruik om te luister. Elkeen van julle wat luister, hoor dan wat die Apartgestelde Gees spesifiek aan jou wil sê. En die logiese reaksie hierop sal dan wees om te doen.
Kyk, Ek jul Hemelse Vader wil jou gebruik. Die Apartgestelde Gees of te wel My Gees werk egter met mense op verskillende maniere. Ja, so het Ek vir Barnabas en Petrus afgesonder en gestuur om My Boodskap te gaan verkondig, maar op `n ander geleentheid het Ek hulle weer verhinder om sekere roetes te volg. Ja, hulle moes eers vertoef en weer luister.
My liewe kinders, dit is oneindig belangrik dat julle vir My beskikbaar moet wees, dat julle moet luister na My roepstem. Wanneer julle luister, sal julle soos Jesaja, hoor hoe Ek Elohim vra: ‘’Wie kan Ek stuur? Wie sal My boodskap uitdra?’’ En dan kan julle ook soos hy antwoord; ‘’Hier is ek! Stuur My!’’
Dit maak nie saak waar en hoe Ek Jahweh jou wil gebruik nie, luister net na die Gees se influistering en wees beskikbaar! Kyk, in die wêreld is daar soveel hartseer en ellende. Jy kan soveel vir My doen as jy na die Gees luister en beskikbaar is, al is dit net in jou eie klein kringetjie. Luister net, hoor en doen!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205