SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 26 op 29 SEPTEMBER 2013 om 00H20
MOEDIG EERDER AAN AS OM TE KRITISEER.
Bertus:
Paulus vertel ons:’’Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder’’ As gelowiges deel ons een Jahweh, een liggaam, een doel, een Vader, een Gees, een hoop een geloof, een doop en die belangrikste van alles een liefde. Ons deel dieselfde verlossing, dieselfde lewe en dieselfde toekoms – en die faktore is veel belangriker as enige verskille wat ons kan opnoem. Ons moet ons aandag bepaal by wat die meeste saak maak – dit is om mekaar lief te hê. Ek dink ons moet `n kennisgewing oprig waarop daar staan; ‘’Volmaaktes, gaan verby. Dis `n plek hierdie vir mense wat erken hulle is sondaars, wat genade soek, en wil groei’’
Elohim:
Dis altyd makliker om op die kantlyn te staan en die wat My julle Elohim dien, af te kraak en te kritiseer, as om werklik betrokke te raak en `n bydrae te lewer. Kyk, waarsku Ek julle dan nie keer op keer om nie te kritiseer, te vergelyk of mekaar te oordeel nie.
Wanneer julle iets of iemand kritiseer wat `n ander gelowige in geloof en uit eerlike oortuiging vir My doen, meng julle met My sake in. Wanneer jy oor `n ander gelowige oordeel, gebeur daar dinge onmiddellik met jou; jy verloor gemeenskap met My, jy stel jou eie trots en onsekerheid bloot, jy stel jouself aan My oordeel bloot, en jy doen die gemeenskap skade aan.
Kyk, wie op onreg uit is, luister graag na kwaadwillige woorde. Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hul natuurlike drange beheer. My liewe kinders, as julle na ongewenste kritiek of skinderstories luister, is dit soos om gesteelde goedere te aanvaar, en dit maak jou ewe skuldig aan die misdryf. Leer om te sê: ‘’STOP’’ Salomo het gesê: ‘’Sonder hout bly `n vuur nie brand nie; sonder `n kwaadstoker hou `n rusie nie aan nie’’
My liewe kinders, erken en aanvaar die mense wat so hard werk vir My en My opdrag soos aan hom toevertrou uitvoer. Ja, betoon in liefde agting aan hulle, ter wille van hulle werk.
Leef in vrede met mekaar!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205