SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 28 op 03 OKTOBER 2013 om 03H00
‘N NUWE NAAM
Het jy geweet daar is `n nuwe naam in die buurt en op aarde? Jy! Die nuwe jy, van kop tot tone nuut gemaak deur die Gees. Jy gaan van nou af `n verskil maak. Jy gaan die verskil leef.
Natuurlik is daar meer as genoeg ruimte vir `n nuwe handelsmerk vir My jou Elohim hier op aarde. Daar is `n desperate behoefte aan `n geestelike handelsmerk wat met sukses verbind is. Kyk, die wêreld is honger vir mense wat hulle geloof leef, wie se woord en dade hardop uitskree: ‘’GOD LEEF!’’ Ja, jy moet My voltydse aardse verteenwoordiger wees. Jy moet 24 uur per dag staan vir uitnemendheid, integriteit, liefde en krag.
Jy moet van nou af `n lewende kanaal van My krag word. Met My jou Elohim aan die stuur van jou lewe is daar mos geen limiete nie. Dan is die hoogste hemele jou droom.
Almal wat daagliks met jou te doen kry, moet die verskil ervaar wat Ek in jou lewe maak. Ja, hulle moet die oorweldigende hemelse krag en die innerlike vrede aanvoel wat jou ganse wese oorspoel. En hierdie krag van My moet ook oorstroom na hulle toe. Daar is immers meer as genoeg lewende water in jou en vir almal rondom jou. My Woord leer julle: ‘’Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei’’ (Johannes 7:38)
Waarom moet soveel krag dan vermors word? Jy mag nooit toelaat dat dit gebeur nie. Kyk, Ek jou Elohey het oorvloedig in jou lewe belê. Laat maar net toe dat My oorvloed deur jou vloei.
Verander elke dag in `n geleentheid om My oorvloed te ervaar. Deel dit met ander rondom jou. Jy kan nooit hierdie oorvloed opgebruik nie. Deel dit uit en hou jou oë oop vir die resultate.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205