SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 3 - 7 SEPTEMBER 2013 - SATERDAG 04H50
‘ N TWEEDE KANS
Iets om oor na te dink: “Hoeveel keer het ons vergifnis gevra en weer dieselfde sonde gepleeg?”
“Breek met die gewoonte!”
`n Dwaalbegrip wat deur baie gelowiges aanvaar word, is dat as `n gelowige eenmaal van die Genade verval en afvallig geword het, hy nie weer na die Hemelse Vader kan terug keer nie.
My Geliefdes, so `n begrip is teenstrydig met die Gees en My Leringe. As jy een van diegene is wat My teleurgestel het en nou dink dat daar vir jou geen hoop is nie, hou op om jou blind te staar teen jou sonde en vra weereens My vergifnis. Dank My omdat Ek bereid is om jou verlede te vergeet en gaan die toekoms in met My krag en Genade.
Miskien word jy belas met die gedagte dat jy al te veel kere vergifnis moes vra. Dit is so maklik om vergifnis te vra en dan maar weer dieselfde sonde te pleeg. Jou opregtheid bepaal egter jou vergifnis. Hou jou oë op My gevestig. Jy moet dit net ervaar en jou opnuut bekeer – dit My liewe kind is jou verantwoordelikheid, neem hierdie tweede kans op in jou hart.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205