SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 32 op 07 OKTOBER 2013 om 04H50
AS JY ‘’OORBOORD’’ GAAN
Pas op! As julle voluit vir My wil lewe, ook hier op aarde, sal julle dalk agterkom dat daar mense gaan wees wat dit moeilik vind om jul hernieude toewyding of die verdieping in jou verhouding met My te aanvaar. Daarom moet julle verwag om gekritiseer te word as julle met julle hele hart daarna gaan streef om My wil te doen. Julle verwag wel kritiek van die wêreld, maar dit is juis soms julle medegelowiges wat met die meeste beskuldigings gaan kom.
Ja, baie gelowiges praat selfs spottend van die ‘’supervromes’’ wat nie hulle geld en besittings geniet nie, maar alles terugploeg in die werk van My (Jahweh).
Onthou net: Ek julle Elohim verwag nie van julle om volgens aardse standaarde suksesvol te wees nie. Ek vra net van julle om getrou te wees. Onthou julle nog dat julle vroeër gepraat het van jul oorkoepelende lewensideaal? Sorg dat dit met My wil ooreenstem en hou dan daaraan vas. En moet julle nie aan die wêreld – en selfs welmenende gelowiges – se kritiek steur nie. Want as julle gehoorsaam en getrou is, dan sal julle met My liefdevolle glimlag beloon word.
Kyk, die felste kritiek kom dikwels van mense wat van My (Jashua) hou, maar My nie regtig liefhet nie. Daarom gee hulle niks meer as die minimum nie en beskou hulle enigiets meer as `n vermorsing. My liefste kinders, moenie toelaat dat dit julle van stryk bring nie. Moet ook nie ontsteld raak nie, maar hou net aan om My met julle hart lief te hê en julle alles vir My te gee.
Natuurlik het Ek julle almal lief. Maar Ek bêre vir elkeen wat sy allerbeste vir My gee, spesiale manna. Julle het `n keuse wat dit aanbetref. Julle kan die sonde kies en verlore gaan. Of julle kan My kies en julle lewe op My ‘’mors’’
Maak die keuse nou, dan sal julle harte ook vir My aan die brand gesteek word. Reik uit na My. Soek My nabyheid in jul lewens. Verwerp die sonde. Roep My in die gebed aan en lees My Woord totdat dit julle van binne vul en na buite uitvloei. Gee julleself vir My. Dit neem tyd om tot `n intieme verhouding met My te kom, en daar is niks wat as plaasvervanger vir My teenwoordigheid in jul lewe kan dien nie. Kom sit aan My voete; gee vir My die beste wat julle het, ongeag die koste.
Ja, My liggaam is vir julle gebreek en My bloed vir julle gestort. Giet julle lewe as dankoffer vir My uit.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205