SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 34 op 08 OKTOBER 2013 om 04H00
DAAR IS ‘N TOEVLUG
‘’Jahweh is suiwer, `n laer in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil’’ (Nahum 1:7)

Dit lyk of alles elke dag net al hoe meer verkeerd loop in die wêreld van vandag. Elke nuwe dag bring nuwe verslae wat ontstellende nuus bevat. Ja, julle hoor gedurig van insidente van geweld, misdaad en grootskaalse korrupsie, wat veroorsaak dat julle begin wanhoop en twyfel. So baie van julle glo dat daar nooit weer stabiliteit en normaliteit sal wees op julle verwarde planet nie.
My liewe kinders, ten spyte van die neerslagtigheid en onsekerheid, somberheid en lyding wat julle omring, gee Ek Elohim julle hierdie gewisse sekerheid om aan vas te klou: Kyk, Ek verseker julle, Ek is steeds in beheer van My skepping en Ek sal sorg dat die goeie uiteindelik oor die slegte sal seëvier. Al mag dit moeilik wees vir julle om hierdie stelling te verstaan of om dit te glo terwyl julle die teenoorgestelde ervaar en in vrees vir die toekoms leef, sal dit julle loon om na die verlede te kyk. Bepeins dit wat verby is en die geskiedenis sal openbaar dat selfs in die donkerste oomblikke My lig se liefde helder vir My volk geskyn het deur die duisternis. Ja, Ek het telkens My volk deur die donker tye gedra.

Kyk, julle leef in `n tyd waarin die geestelike en morele waardes van die lewe wat eeue lank aanvaar is, aangeval en verlaag word. Ongelukkig kom die negatiewe aanvalle nie net vanuit `n ongelowige oord nie, maar soms juis van die magte wat stabiliteit en vertroue behoort te waarborg in hierdie ontnugterde wêreld. Ja, wanneer daar onsekerheid kom oor My julle Elohim en My Naam nie meer geëer word nie, moet die samelewing uiteindelik disintegreer. En dan, My liewe kinders, waarheen gaan julle dan met die droefheid en beproewings wat julle in hierdie lewe so maklik oorrompel?
In hierdie see van verwarring en onsekerheid moet julle seker maak dat julle anker stewig gegrond is en ferm bly, en dit kan alleenlik op die effektiefste manier bereik word deur `n persoonlike verhouding met My in jou lewe. Ek julle Elohim sien daar is baie dinge oor My wat julle nie verstaan nie. Maar as julle My liefhet en My respekteer, sal dit in julle lewe ontplooi tot `n troosryke sekerheid.
Deur julle liefde vir My sal julle toenemend daarvan bewus word dat julle nie alleen aan My vasklem nie, maar dat Ek julle styf vashou in My onsterflike liefde – ook in julle oomblikke van diepste droefheid en beproewing.
Hou onlosmaaklik vas aan julle geloof in hierdie eindtye. Vertrou onwrikbaar met julle hele lewe op My. Kyk, Ek is jul Verlosser, ook uit julle nood van vandag. In My krag sal julle verseker wees van oorwinning oor die ergste nood wat nog kom.
Wees lief vir My, julle Hemelse Vader.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205