SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 37 op 10 OKTOBER 2013 om DONDERDAG 04H00
DIE OPENBARINGSPROSES.
My liewe kinders, as julle die Gees van Apartheid toelaat om die voorhangsel van die vlees te verwyder en in julle harte te werk, word goddelike openbaring `n heerlike realiteit in julle lewens. Hoe meer julle julle aan die Gees onderwerp, hoe meer openbaar Hy die Woord in julle en hoe meer kan julle My, Jahshua weerspieël.
Dit, My liewe kinders, dit beteken dat Ek in en deur julle leef – in julle gedagtes, wil en emosies. Daardeur gee Ek julle ook die oorwinning oor die sonde, terwyl Ek julle met My liefde oordek.
Wanneer die Gees van Apartheid met sy krag in julle werk, gee Hy die Woord op so `n manier aan julle dat dit die mag van die vyand vernietig en My julle Elohim se lig in julle lewens skyn. Hoe nader julle aan My lig leef, hoe groter is die kontras tussen My lig en die duisternis van die wêreld.
My liewe kinders, julle weet teen die tyd dat goddelike openbaring nie van die Skrif losgemaak kan word nie. Dit is die werk van My Gees om My Lewende Woord aan julle te openbaar, sodat julle My waarheid in julle lewens kan toepas en daaraan gehoorsaam kan wees.
Julle moet die basiese waarhede met julle harte ontvang sodat die Gees van Apartheid dit deel van julle lewens kan maak. Daarom, My liewe kinders, is dit van die allergrootste belang om My Woord elke dag te lees en te oordink.
Ja, julle word vandag volgestop met inligting en kennis van die sondige wêreld. As kinders van My is dit nie net julle plig om self met My Woord om te gaan nie, maar julle moet ook julle kinders daaraan blootstel. Wanneer Ek My lig in julle laat skyn, dan word julle in staat gestel om My Woord en Waarhede te verstaan op `n manier wat julle nooit tevore verstaan het nie. En dan, My kinders, van daardie oomblik af raak dit julle verantwoordelikheid om in gehoorsaamheid aan My te leef en te wandel.
Kyk, My geskrewe Woord kan gesien word as `n transkripsie van wat Ek in My eie stem vir julle sê, en deur openbaring word die waarheid `n Persoon wat in julle binneste lewe. Hoe meer julle, julle aan My onderwerp, hoe meer openbaar Ek My aan julle. Daarom, My liewe kinders, om ongehoorsaam te wees aan goddelike openbaring is `n ernstige saak, want julle moet onthou dat die duisternis slegs deur My Goddelike Lig verdryf kan word.
Ja, julle ou self wat in duisternis geleef het, word van binne verander. Julle ontvang apartgestelde (heilige) begeertes, gedagtes en liefde – kortom julle ontvang My Jahshua se lig, en daardeur word julle in staat gestel om van heerlikheid tot heerlikheid te groei.
My liewe kinders, die openbaringsproses beteken dat Ek Jahshua in en deur julle gesien kan word in alles wat julle doen en is. Omdat julle aan My gehoorsaam is, kan Ek Myself nou deur julle openbaar.
Wees gehoorsaam aan My en My Woord en wees lief vir My en daar sal `n Goddelike openbaring en `n Lig in julle lewens verskyn.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205