SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 39 op 11 OKTOBER 2013 om 00H15

ELOHIM VERANDER JOU STATUS

My liewe kinders, luister wat Ek vir julle sê: ‘’ Ek het julle status verander vanaf sondaar na kind van My, julle Elohim’’ (Lees Lukas 15:1-10)
Nou, My liewe kinders, vir die skokkende nuus: Ek plaas slegs die name van sondaars op die uitnodigingskaartjies van My Hemelse fees. En die dag as julle name op daardie gastelys is, is daar geen wegkomkans nie. Ek versamel die heel beste Soekgeselskap in die heelal om jou te soek, op te spoor en terug te dra, of self terug te sleep na die fees toe as dit moet. Niemand minder nie as Ek Jahshua en die Gees van Apartheid het die taak ontvang om sondaars te soek, te vind en te red. En Ons bly heelpad, enduit, op die spoor van sondaars. Daarom kan julle maar probeer hardloop, maar julle sal nooit kan wegkom nie. Ja, daar is geen plek wat donker genoeg is om vir My Gees te gaan wegkruip nie.
Wanneer julle as sondaars dan uiteindelik van aangesig tot aangesig voor My kom staan, moet daar `n ruiltransaksie plaasvind. Ja, Ek wil iets van julle hê. En wat het julle om vir My aan te bied?
Geld dalk? Nee, Ek is immers die Een aan wie die heelal behoort.
Julle besittings? Dis heeltemal te min.
Nee, al wat julle het om vir My te gee, is julle sondes, julle ongelooflike stukkende lewe. Dis al, net dit.
Julle staan bankrot, arm en kaal voor My.
Ek vra heiligheid. En julle bied slegs onheiligheid aan.
Ek vra `n lewe van gehoorsaamheid. Ja, julle enigste ‘’geskenk’’ aan My is hande en voete wat bevlek is met sonde op sonde op sonde.
Ek vra toewyding. Julle het op elke liewe afdwaalpaadjie van die lewe rondgedwaal.
My liewe kinders, op hierdie kruispad waar Ek en jy ontmoet, staan julle met niks anders nie as julle sondes. Maar dit is presies wat Ek van julle wil hê. Ja, Ek vra net een sinsnede uit julle monde. Ek vra dieselfde woorde as daardie tollenaar wat met sy stukkende lewe voor My te staan gekom het: ‘’En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die Hemele ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: ‘’O, Elohim wees my barmhartig want ek is `n oortreder! (Lukas 18:13)
Die oomblik wanneer julle julle stukkende lewe op My stoep neersit; wanneer julle met julle ongehoorsaamheid en opstandigheid in My Heilige teenwoordigheid staan, dan My liewe kinders, beweeg hemel en aarde. Ja, daar en dan vind die grootste wonderwerk in julle lewens plaas:
•    Julle sondaarsklere word in `n oogwink uitgetrek en vervang met hemelse feesklere.
•    Dood word ingeruil vir lewe
•    Julle ontvang julle nuwe klere uit die Hand van My julle Koning, klere wat spierwit gewas is in die bloed van My die Lam van Elohim.
•    Ek tel julle op My breë skouers en dra julle terug na die res van My kudde toe terwyl engele in die hemel uitbars in feesgesange oor een sondaar wat tuisgekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205