SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 4 - 8 SEPTEMBER 2013 - SONDAG 03H20
DIE WOORD IS BELANGRIK!
Lees Psalm 103: 1-22
Bertus:
Vandag lê hier `n ding in my hart en ek wil dit met julle deel! Ek glo dat ons almal `n diepe
begeerte moet hê om die Lewende Elohey beter te ken! Hy wil Homself mos aan ons openbaar.
Elohey:
My Woord en My Gees maak dit vir julle moontlik om My te ken. Wanneer julle bid en met die
Geskrewe Woord omgaan, kan julle nie anders as om die hartklop van die Skrywer te leer ken
nie. Dan word Jeremia 29:13-14 in jul lewe waar: “ Julle sal vra na My Wil en julle sal dan My
 Wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet………….”
Besef julle hoe belangrik My Woord vir julle is? Hoe hanteer julle hierdie Stuk Kosbaarheid?
Bepeins julle dit onder leiding van die Apartgestelde Gees en eien julle die Beloftes daarin
vir julle toe? Kom julle die Voorskrifte na? My Woord is die belangrikste studieboek, werkboek,
handboek wat julle nog ooit gehad het en wat julle ooit sal hê.
As My Woord toe is gaan jy geen kennis van My julle Elohim kry nie. Laat die Woord oop lê en lees deur die dag en nag daarin en leer van My en oor My.
Hoe lyk jou Woord? Het julle die padtekens wat Ek Jahweh vir jou daarin gegee het, gemerk? Kyk, Ek gee My Woord vir julle sodat julle My kan leer ken en sodat julle antwoorde op julle vrae kan kry. Soek die goud en die juwele in My Woord. Julle moet dit egter woordjie vir woordjie uitdelf en jul eie maak.

Kyk, My liewe kinders, My intieme, persoonlike kennis hou vir julle verbysterende voordele in, maar bring ook geweldige verantwoordelikhede mee. Ja, baie van die mense met wie julle daagliks te doen kry, stel glad nie daarin belang om die Boek self op te neem en te lees nie, en daarom word julle moontlik die enigste Bybel wat hulle ooit te lese sal kry.

My Geliefdes wanneer My Woord in julle kom woon, word Ek, Jahshua opnuut sigbaar in en deur julle. Julle lewe is dus My Woord wat sigbaar gemaak is!.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205