SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 7 aan Bertus Hanekom op 10 SEPTEMBER 2013, om 05H00

PASOP VIR TE LAAT!

‘’Soek Jahweh terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is’’ Jesaja 55:6

Bertus:

In die tyd van die profeet Jesaja steek Elohey Sy hand van genade uit na Sy volk wat in ballingskap verkeer. Hy belowe hulle dat Hy hulle weer sal verlos en na hulle land toe sal terugbring. Dit rus egter op hulle om op hierdie genade-aanbod te reageer. Ons mag nie dink dat daar nog baie tyd oor is om ons te bekeer nie. Genadetyd kan ongemerk verbygaan.

Elohey:

My (Elohey)se genade is nou, op hierdie oomblik, nog tot julle beskikking, maar dit hang van julle af of julle daarop gaan reageer of nie. Indien julle nog nie geloofsekerheid het nie, moet julle dubbeld seker maak dat julle nie dalk julle kanse gaan verspeel tot dit te laat mag wees nie.

As julle hierdie tyd nog steeds nie seker is dat julle gered is nie, moenie langer uitstel nie. Bely julle sonde, vra My om hulle te vergewe en neem My genade–aanbod aan. As julle dit gedoen het, weet julle verseker dat julle vir altyd My kinders is, dat Ek vir jou die ewige lewe waarborg en dat niemand julle ooit weer uit My hand sal kan ruk nie.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205