Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE EINDE VAN OMVORMING EN NUWE SKEPPING
BD 6230 - 5 April 1955
Dit sal geskied soos wat Ek dit aan u verkondig het. Die aarde sal haar teenwoordige uiterlike verloor en daar sal `n geestelike en aardse omwenteling plaasvind. Daar sal `n skeiding wees van bokke en skape. Die wat Myne is, sal tot saligheid kom, en hulle wat behoort aan My teenstander, sal tot `n hernude kluistering veroordeel word. En so moet dit gebeur, anders sou daar geen opwaartse ontwikkeling meer moontlik gewees het nie. Want alle geestelike, uitgesonder die weiniges wat aan My trou sal bly tot die einde, streef na die dieptes. Die aarde moet egter haar opdrag verder vervul en moet dien vir die geestelike wat omhoog moet kom.
Die mense van die hedendaagse tyd, wat reeds die weg deur die skepping gegaan het, het die ontwikkelingsweg wat voorheen gegaan is, tevergeefs afgelê. Hulle, wat die hoogste stap van ontwikkeling reeds bereik het deur die tevore afgelegde aardse weg, val nou in die laaste stadium, en sink so diep terug dat die ingaan in die geestelike ryk hulle verhinder sal word. Hulle moet weer in die hardste materie gekluister word, om na `n eindelose lang tyd weer as mens toegelaat te word tot `n laaste wilstoets.
Die getal van hulle wat die aardse lewe werklik goed benut vir hulle voleinding, is baie klein, omdat die gees van My teenstander so vergiftigend inwerk op alle aardse bewoners, dat die aarde eers gereinig moet word voordat sy haar eintlike doel weer kan nakom. En hierdie reiniging wil Ek voltrek deur `n geweldige omvormingswerk, waaraan die mense nie meer kan ontsnap nie omdat hulle dit self veroorsaak het deur hulle gedrag en hulle volledig ongehoorsame gesindheid teenoor My. Daar moet `n verandering teweeggebring word, want dit gaan om My geskapenes wat `n eindeloos lange tyd sal moet ly, as hulle nie hulle ontwikkelingsweg op aarde volgens My Wil wil voltooi nie.
En die tydstip het gekom, alhoewel dit vir u mense ongelooflik lyk, dat daar iets in die skepping, in die natuur, sal gebeur wat nog nooit op aarde gebeur het nie. Die aarde bevind haarself in haar huidige vorm, aan die einde van haar bestaan. U almal kan nie verstaan wat dit beteken as alles ophou bestaan nie. Dat mense, diere en al die skeppingswerk aan hulle einde gekom het en daar `n geheel nuwe aarde ontstaan nie. Dit kan u in u stoutste gedagtes nie vir uself voorstel nie, `n hele nuwe skeppingswerk, wat u oog nog nooit aanskou het nie, ontstaan, en dat dit wonder op wonder sal beteken vir u wat die nuwe aarde sal belewe en laat herlewe.
Deur die tye heen het Ek die mense daarop gewys dat daar `n nuwe aarde en `n nuwe Hemel sal ontstaan. Die mense het nie die betekenis daarvan verstaan nie. Maar My woord is waarheid en sal vervul word. Maar dit sal alleen `n bewys wees van My Goddelikheid vir die weiniges wat deur `n vaste geloof in My, Myne geword het. Vir wie Ek die paradys op die nuwe aarde kan oopsluit, omdat hulle My kinders is en dit ook vir ewig sal bly. Hierdie weiniges verstaan ook die betekenis van My woord en hulle sal My en My koms in vaste geloof verwag, sodat hulle gered sal word uit die nood wat hierdie laaste tyd sal voorafgaan. Want hulle is My "kinders" wat Ek sal kom haal wanneer die tyd vervul is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205