Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE REINIGING VAN DIE AARDE
B.D.7179 - 7 Julie 1958
En daar sal weer `n nuwe aarde wees, en die mense daarop sal innig met My verbind wees en lewe volgens My ewige ordening. Maar die toestand kan alleenlik nog bereik word deur `n reiniging van hierdie aarde sodat die ou aarde weer in `n toestand gebring kan word waarin alles presies georden is. Dit beteken egter nie dat hierdie orde op die teenwoordige aarde herstel sal kan word nie, wat baie mense graag sou wou, omdat die gedagte aan `n einde van hierdie aarde nie in hulle opkom nie.
Die komende reiniging sal grondig wees en eerste by die mense plaasvind, hulle wat nie meer lewe volgens My ewige orde nie. Dit sal egter ook `n skeppingswerk wees, omdat die gekluisterde geestelike, nuwe omvorming nodig het om na `n vinniger, geestelike opwaartse ontwikkeling te beweeg. Want Ek is voorbereid vir al die geestelike wat al lank genoeg gesmag het in die harde materie, hulle wat uiteindelik ook op die hoër weg mag gaan.
Nooit meer sal daar op hierdie aarde `n ommekeer tot My plaasvind nie, omdat My teenstander deur die mense self in sy mag gesterk word, wat Hy egter slegs sal aanwend om `n nog groter aantal afvalliges van My te bereik. Maar as die teenstander self, saam met alles wat aan hom onderdanig is, nie gebind word nie, sal die geestelike peil nie net so laag bly as wat dit reeds is nie, maar dit sal steeds nog erger word. En dan kan geen harmonieuse toestand op aarde meer verwag word nie.
Daarom sal Ek `n grondige reiniging teweegbring. Alles op aarde wat iets geestelik in homself berg, los Ek op en laat `n nuwe aarde, met `n geheel nuwe skepping ontstaan, sodat dit weer deur die geestelike betrek kan word vir hulle verdere ontwikkeling. En Ek bevolk die aarde slegs met mense wie se graad van ontwikkeling sodanig is, sodat hulle `n salige lewe in die paradys kan hê. Dus met mense wat in die laaste stryd op hierdie aarde is, wie aan My trou bly, en wat Ek daarom as stam van die nuwe mensegeslag (menseras) op die nuwe aarde bymekaarmaak.
Elke nuwe skeppingsperiode begin met `n geestelik ontwikkelde geslag, wat dan weer op die navolgende geslagte moet inwerk om met hulp ook deels die weg boontoe te toon, en hulle na hulle voleinding te help.
En omdat My teenstander nou gebind sal wees, sal die mense aanvanklik nie meer deur hom bedreig word nie. Dit sal daarom vir `n lang tyd `n paradysagtige toestand bly waarin al die geskapenes, mense en diere, in harmonie en vrede sal saamlewe, waarin die liefde die mense tot `n voortdurende verbinding met My sal dryf, en waarin Ek sodoende by hulle teenwoordig kan wees. En die mense sal die ewige heil deelagtig wees totdat daar weer `n tyd sal kom dat die verbinding sal verslap en waarin die materie weer haar aantrekkingskrag sal uitoefen en die mense deur hulle begeertes die kettings van My teenstander weer sal losmaak sonder dat Ek hulle sal verhinder. Want die beproewing van die vrye wil, van die wat tevore heeltemal tot My bekeer was, sal dan weer nodig wees.
Elke verlossingsperiode bring baie van die eens gevalle geestelike terug na My. Sou Ek egter geen einde aan hierdie huidige toestand maak nie, dan was daar waarlik geen geestelike sukses meer te behaal nie. Ek het aan die teenstander netso die reg gegee om vir die wesens te veg. Hy misbruik egter sy reg deurdat hy die grense van sy bevoegdheid te buite gaan, deurdat hy probeer verhinder dat die mense enige kennis oor My ontvang, hulle God en Skepper van ewigheid. Maar die aardse lewe is aan die mense gegee om te beslis aan watter Heer hulle wil behoort. En daarom moet hulle ook oor beide meesters ingelig wees, wat My teenstander egter met alle moontlike middele probeer verhinder. En daarom maak Ek `n einde aan sy aktiwiteite, en hy sal weer tesame met sy aanhangers gekluister word. Ek herstel in die eerste plek oral die wetlike orde om aan al die gevallenes die opwaartse ontwikkeling te waarborg, soos wat dit My plan was sedert die ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205