Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

HARMONIESE LEWE OP DIE NUWE AARDE
B.D.8429 - 4 Maart 1963
Watter voorstellinge u ook al vir uself maak van die nuwe aarde, dit sal ver oortref word. Want `n salige tyd sal aanbreek vir die wat Myne is, vir die mense wat standhou tot die einde en weggeneem word vir die nuwe aarde. In volle harmonie en vrede sal die mense met mekaar lewe, omgewe deur skeppingswerk van onvergelyklike aard. En ook die dierewêreld sal in vrede met mekaar lewe en daar sal geen stryd wees tussen hierdie skepsels nie. Want ook hulle sielsubstansies staan kort voor die beliggaming as mens en al die geestelike wat in die skepping gekluister is, sien die harmonie om hulle heen en dan verander die weerstand heel duidelik, wat ook uit die gewillige diening van hierdie skeppingswerk ten goede te sien is, omdat ook hierdié geestelike haastig is en by hulle laaste rondte op hierdie aarde wil kom.
En die mense sal hulleself kan verheug oor baie heerlikhede, want hulle het tot hulle rypheid gekom vir `n lewe in saligheid. Anders sou hulle hierdie saligheid in die hiernamaals kon geniet het, maar hulle lewe verder op die nuwe aarde, omdat die nuwe mensegeslag (menseras) uit hulle moet voortkom. En wederom sal die siele, wat deur die grote verandering, deur die bomate droewige eindtyd en deur die groot verwoesting `n hoër graad van rypheid bereik het, hulleself mag beliggaam. Wat nou deur die liefdevolle lewe van die mense op die nuwe aarde in versterkte mate bereid is om die laaste dienende funksies in die materiële vorm te vervul, wat in die begin van die beliggaming as mens ook nie geheel sonder liefde is nie, en hulleself daardeur vinniger hoër ontwikkel. En veral omdat die bedreiging van die teenstander wegval, omdat die liefde hulle die beskerming en hulp van die ligwesens verseker, sodat hulle van hulle slegte hoedanighede en begeertes, wat nog aan hulle vaskleef, maklik kan ontslae raak. Want hulle wil sal na My toe gewend wees, en hulle sal heeltemal bewustelik werk aan hulle wilsbeproewing tydens hulle bestaan as mens op aarde, omdat My teenstander hulle nie meer van die weg kan bring nie en die liefde in die mense die verbinding met My sal herstel.
Die voordeel van `n ligter gang oor die aarde, het die wat Myne is vir hulle nakomelinge verwerf deur hulle standvastigheid aan die eindtyd, waarvoor waarlik `n sterk wil en `n groot liefde vir My nodig was, en daarom sal Ek hulle ook op vele maniere beloon. En buitendien ken Ek die wilsverandering van die geestelike in die vorm, en hiermee ooreenstemmend kan Ek dit dan weer inlyf in uiterlike vorme op die nuwe aarde, wat `n gewillige dien van die geestelike waarborg.
Op die nuwe aarde sal die mense nie meer deur leed en sorge gekwel word nie. Hulle sal sowel liggaamlik as ook geestelik geen nood ondervind nie en mag hulle hulself sorgeloos in die heerlike skepping verheug. Daar sal hulle mekaar in so `n liefde toegedaan wees, dat hulle alles uit die weg sal wil ruim wat die ander ongelukkig sou maak. En hierdie liefde sal My aanleiding gee om in die midde van die wat Myne is, te wees, hulle te onderrig en met My aanwesigheid te verbly.
`n Waarlik Goddelike vrede sal vanself oor al die geskapenes ontvou wat `n lang tyd sal bly bestaan, omdat liefde die beweegrede is van alles wat gedoen word. En so sal ook die navolgende geslag My teenwoordigheid onder hulleself toelaat, terwyl die teenstander heeltemal uitgeskakel is. En hy kan nie wees waar Ek is nie, want hierdie mense is slegs waarlik verlos en lewe onder die teken van die kruis. Hulle sal ten duidelikste oor die verlossingswerk van Jesus onderrig wees, en sal My liefhê in Hom met die totale gloed van hulle hart.
Dit is waarlik `n paradysagtige toestand, wat wel `n lang tyd sal duur, maar tog nie so onbegrens sal bly nie. Want steeds meer geestelike, wat deur die skepping gegaan het, waarvan die teenstand nog nie heeltemal gebreek is nie, sal tot laaste beliggaming kom. En dan sal ook die begeerte na die stoflike weer oorheers en as`t ware die kettings van My teenstander verbreek. Die mense sal dan ook weer begeer wat aan hom behoort en so bewys hulle dat hulle nog met hom verbind is en sal daardeur weer in sy mag kom. En dan het die teenstander ook weer die reg om die wil van die mens te beïnvloed, en dit sal hy gebruik om die mense te oorreed tot dade wat teen My ingaan en wat die gebied van die liefde oortree. Sodoende verdring hulle MYSELF uit hulle aandag, terwyl My teenstander daarin na vore kom.
En weer sal die stryd begin tussen lig en duisternis, en die aarde sal weer dien as stasie vir rypmaking. Want nog eindeloos baie van die gekluisterde geestelike sal die weg van opwaartse ontwikkeling gaan, en vir alles is `n tyd bepaal. Ook sal steeds weer verloste siele van die aarde heengaan na die geestelike ryk, want die verlossingswerk van Jesus sal nooit sonder effek bly nie. Steeds word daar deur My gesorg dat die mense kennis daaroor ontvang, want Jesus sal altyd die Teenstander bly van die vors van die duisternis. Maar Hy sal die oorwinning behaal in langer of korter tyd, volgens die wil van die mense wat vry is en sal bly. En die menslike wil sal ook die laaste voleinding van die aardse lewe tot stand bring, omdat hulle hulleself heeltemal vir My sal oopmaak en heeltemal in My wil opgeneem wil word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205