Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE KLUISTERING VAN SATAN - DIE NUWE AARDE
B.D.5769 - 14 September 1953
Die mag van die bose sal vir `n lang tyd gebreek word, want Satan sal in kettings gelê word. `n Tyd van vrede sal die tyd van stryd in die heelal aflos en geen wese van die duisternis sal die mense op aarde meer kan verdruk nie. Satan self en ook sy aanhang sal vir `n lang tyd gekluister wees, en die mense op die nuwe aarde sal nie sy kettings ontbind nie, omdat hulle innig met God verbind is en niks meer sal nastreef nie buiten Hom, Wie hulle nou in liefde versorg, geestelik en ook liggaamlik.
Die tyd van vrede op die nuwe aarde is `n vereffening wat die mense beskore is wat God trou is en wil bly, vir die tyd van onbeskryflike leed in die laaste tyd op hierdie aarde. Dit sal vir hulle waarlik `n tyd van stryd wees, want hulle sal vervolg word na liggaam en gees. En hulle sal hulself nouliks teen hulle verdrukkers verweer, wat selfs hulle lewe sal bedreig as hulle hulleself nie aan hulle wil onderwerp nie.
Maar vir hierdie mense word steeds weer `n tyd van vrede beloof deur sieners en profete. `n Tyd waarin geen gevaar hulle meer sal bedreig nie, en waarin die liggaam en die siel hulself mag verkwik aan die wonderwerke van God se liefde; waarin `n salige vrede hulle hart sal vervul deur die teenwoordigheid van Hom, Wie hulle liefhet en vir Wie hulle gely het. Alles sal vredevol wees en skepping en skepsels sal in harmonie wees met mekaar. En die geestelike wat ook nog gekluister is, sal moeite doen om vooruit te kom, omdat hulle die nabyheid bespeur van Hom aan Wie hulle hulself weer moet oorgee. En ook omdat die geestelike uitstraling van die mense die gekluisterde in die skepping weldadig beïnvloed.
Hierdie mense het reeds die wilsbeslissing gemaak en sodoende het hulle op die nuwe aarde geen beproewing van hulle wil meer nodig nie. Hulle behoort met siel en liggaam aan God, van Wie hulle nimmermeer kan skei. Al die sataniese sal egter smag in die duisternis en sal opnuut gekluister wees in die hardste vorm. Hulle kan geen invloed meer uitoefen op die geestelike wat na die "lig" streef nie. Hulle moet hulself volgens die wil van God voeg en is ook van hulle krag gestroop vir `n eindeloos lange tyd.
En Satan self is verswak, want alles wat hom en sy mag sterkte gee, is gekluister en aan sy invloed onttrek. Hy is ten midde van sy wêreld kragteloos, totdat daar vir hom weer krag gegee sal word deur die verkeerde wil van die mense. Dit sal egter net gebeur na `n lang tyd, wanneer die eerste geslagte op aarde, die bewoners van die paradys en hulle kinders en kindskinders, reeds lank al die geestelike ryk binnegegaan het, en wanneer daar dus weer nuwe geslagte sal wees en hulle weer uitmekaar sal gaan, na gelang die rigting van hulle wil.
En dan sal daar ook weer mense wees wat hulleself deur die materie gevange laat neem, en deur die begeerte daarna die kettings verbreek van hom wat Heer is van die onverloste wêreld. Dan sal die paradysagtige toestand ook ten einde wees, en die tyd van vrede sal weer `n tyd van stryd word tussen lig en duisternis. Want nou weer sal die worsteling begin vir die siele van die mense totdat daar weer `n ontwikkelingsperiode uitgeloop het. Maar met die resultaat, dat tallose wesens tot vergeesteliking gekom het en die mag van Satan steeds meer en meer afgeneem het, tot ook hy homself eenmaal sal oorgee, waarvoor egter nog ondenkbare tye en verlossingsperiodes nodig sal wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205