Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE AANLEIDING VAN DIE VERNUWING VAN DIE AARDE
B.D.8258 - 30 Augustus 1962
Die aarde moet vernuwe word omdat sy haar doel nie meer vervul nie, naamlik Om `n skool, vir die ryp maak van die gees, te wees. Elke ordening is omvergegooi, en die mense slaan geen ag meer op My wil nie. Hulle lewe teen die wet, want die liefde is die suiwere uitdrukking van die Goddelike ordening. Maar hierdie liefde het afgekoel onder die mense, en daarom is hulle aardse lewe vergeefs en lei nie meer omhoog nie, maar onherroeplik na die diepte.
Die mens moet dien in liefde, maar sy strewe is heerskappy. En ook die gekluisterde geestelike substansies word verhinder om te dien, omdat die mense aardse materie ophoop, en hulleself van elke dienende funksie ontneem. Daar is dus `n toestand onder die mense van volledige duisternis, want sonder liefde kan daar ook geen "lig" wees nie, en die mense bly geestelik blind en erken nie hulle God en Skepper nie. Dus moet daar `n einde aan hierdie toestand gemaak word, en alles moet weer in die presiese baan gebring word. Die mense wat val moet afgesonder word van diegene wat aan My behoort. Die wat die moeite doen om in die goeie orde te lewe en daarom deur hulle aangeval word. Die laagste peil is waarlik bereik, en dit vereis `n vernuwing van die aarde, sodat al die gekluisterde substansies kan vrykom en in nuwe vorms geplaas kan word, waarin alles weer volgens die graad van rypheid opgeneem kan word in nuwe skeppings van verskillende aard. - En dan sal ook die mens wat totaal in die materie verval het, self weer tot materie word. Hy sal opnuut gekluister word in die skepping van die nuwe aarde.
Dit is die ergste wat u mense self aan kan dink. Dat u eie "ek" weer opgelos sal word in tallose deeltjies, en opnuut die weg moet gaan deur die skepping van die nuwe aarde om eenmaal weer die stadium van mens te bereik, omdat dit ook weer `n eindelose lang tyd vereis. U mense kan uself nie so `n omvormingswerk voorstel nie, en tog beteken dit die einde van hierdie ou aarde, ook al bly die hemelliggaam as sodanig nog bestaan. Maar deur My Mag en Wysheid sal dit aan `n totale omvorming onderwerp word en word dit daardeur weer geskik gemaak vir haar bestemming, naamlik om tot rypmaking te dien vir die gees.
Wat aan u, oor die proses en die motivering daarvan, aan kennis gegee word, dit moet u aanneem, en uself intensief daarmee besig hou. U moet weet dat juis vir u mense, wie se lewenswandel nie volgens My vaste ordening van ewigheid is nie, die vernietigingswerk besonder pynlik sal tref, want u is diegene wat daaronder sal ly. U moet weet dat Ek My sal hou by die dag wat die einde van hierdie aarde sal bring, want My plan, wat in My Liefde en Wysheid besluit is, is vasgelê sedert ewigheid. `n Verlossingsperiode loop ten einde en `n nuwe begin waar die orde weer herstel is en rus en vrede heers; waarin vir My teenstander elke aktiwiteit onmoontlik is, omdat hy self gebind is vir `n lang tyd. Glo nie dat u verkeerd onderrig word wanneer u steeds weer kennis kry oor die ontbinding van die skepping, op, in en bo die aarde, wat op hande is nie. Glo dat alles vir My moontlik is, en dat Ek ook weet wanneer sulke vernietigingswerk nodig is om die opwaarts strewende geestelike substansies se ontwikkeling te waarborg. Maar u mense wat heeltemal sonder liefde is, u aanvaar nie My woord nie, en u sal daarom hard getref word wanneer die laaste dag gekom het.
Maar dit moet so wees, omdat My liefde al die ongeredde geestelike raak wat nog gekluister is. En ook vir u wat in u vryheid as mens gefaal het, skep Ek weer opnuut `n moontlikheid om eenmaal u doel te bereik. Maar dat u die tyd van verwydering van My af weer eindeloos verleng, dit is u vrye wil. Dit is dus u eie skuld, as u weer met die hernude kluistering in die skepping moet boet.
Want Ek wil u waarlik nie onsalig hê nie, maar u help tot die laaste uur, sodat die hernude kluistering vir u verbygaan, en sodat u My nog sal vind en My aanroep om erbarming voordat die einde kom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205