Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

TOTALE HERVORMING - AARDS EN GEESTELIK
B.D. 3204 - 29 Julie 1944
Die grootste verandering is aan die kom, in die aardse asook in die geestelike lewe, want die geestelike omkeer wat onafwendbaar is, vereis ook `n algehele aardse omwenteling. Dit raak in die eerste plek die skepping van die natuur, wat `n totale verandering moet ondergaan, omdat sy in die huidige vorm nie meer voldoen aan die geestelike rypmakingsproses nie. Want dan moet die geestelike substansies, wat verlang na `n opwaartse ontwikkeling, hierdie weg in `n korter tyd aflê as voorheen. En daarvoor het sy ander omhulsels nodig waarin sy dienend besig kan wees, al is sy in `n gebonde toestand.
En hierdie verandering van die natuurskepping, het ook `n ingrypende uitwerking op die mensegeslag (menseras) wat die aarde voor hierdie verandering bewoon. Daar gaan tye vooraf wees waarin geen orde meer sal bestaan nie en dit is `n totale ontbindingsproses wat ook die aarde raak. Die mense sal teen die Goddelike ordening sondig, en hulle sal `n sterk vernietigingsdrang openbaar, sodat daar chaos sal wees wat nie oortref kan word nie. Die mense sal dan slegs nog maar aardsgesind wees, behalwe die weiniges wat die Goddelike barmhartigheid deelagtig geword het, omdat hulle bewustelik daarna gevra het.
En bowendien moet `n oortreding teen die Goddelike ordening uiteindelik tot verwoesting lei. Dus is dit duidelik dat die bestaande, al word dit nie vernietig nie, tog verander moet word, sodat daar weer `n orde te voorskyn sal kom wat absoluut nodig is vir die geestelike ontwikkeling. Die skepping in die natuur sal verander volgens die wil van God, en die geestelike wat homself voorheen as mens heeltemal van God verwyder het, sal hierdie natuurskepping as verblyfplek aanneem. En omdat die nuwe verlossingsperiode korter sal wees as die voorafgaande periode, is die skepping van so `n aard, dat dit heeltemal sal afwyk van die van die ou aarde.
Dit is in `n sekere sin harder, dus dringender, wat beteken dat dit vir die daarin gekluisterde geestelike `n veel pynliker toestand sal wees as die weg op aarde waarvoor hulle hier was. Maar daardeur sal die wil, wat teenstrydig is met God, in `n korter tyd gebreek word, sodat die geestelike daaruit bevry kan word en sy ontwikkelingsgang in ander skeppings kan voortsit. Dus beteken die totale veranderingsproses ook `n totale ommekeer ten opsigte van die geestelike. Daar sal `n tyd aanbreek waarin die teenstander die opwaarts strewende geestelike nie meer sal kan hinder nie, want hierdie geestelike substansies het reeds die versoekinge en beproewinge deurstaan en het dit dus nie meer nodig nie. Hulle staan in `n graad van rypheid waarin hulle in samesmelting met God tot lig en krag ontvangers geword het. Daardeur kan hulle `n salige en vredevolle bestaan voer wat hulle eintlik as `n lewe in die ewigheid beskore is, maar wat hulle egter al op aarde lei, omdat daar met hulle `n nuwe mensegeslag (menseras) begin word wat vir die verdere ontwikkeling van die nog onrype geestelike in die skepping noodsaaklik is. Hulle moet aardse opdragte vervul om die nog worstelende geestelike opwaarts te help.
Sodoende is dit `n hemelse paradys op aarde, en salig is hy wat as bewoner van die nuwe aarde die paradystoestand mag belewe. Dit sal `n tyd van rus en vrede wees, want die stryd tussen die lig en die duisternis sal tydelik verby wees. Die duisternis is te verstane as dit wat die verste verwyder is van God, en die "lig" beteken, innige nabyheid met God. Die wat ver van God verwyderd is, sal gekluister wees, en sal `n bepaalde tyd nodig hê vir hulle verlossing. Terwyl die toegewydes aan God, `n onverhinderde geestelike lewe verseker is, wat onvoorstelbaar mooi sal wees vir die mense wat die einde van die ou aarde oorleef het. Want hulle het in die besonder moeilike tyd aan God getrou gebly, en kan nou die chaotiese toestand verwissel met `n lewe van diepe vrede in die Goddelike ordening.
Die Gees van God sal hulle stuur en Sy Liefde sal hulle versorg. Hy sal Self as Vader by Sy kinders vertoef deur die woord, maar ook sigbaar. `n Nuwe verlossingsperiode sal na die afsluiting van die ou tydperk begin wat sal eindig met die laaste oordeel. En die laaste oordeel beteken dieselfde as die oplossing van alles wat tot hierdie aarde behoort, naamlik harde materie, die plante en dierewêreld. Maar ook die mensegeslag (menseras) sal `n totale verandering ervaar, netsoos in God se liefde ingeslote lig en wat Sy almag tot uitvoering bring, sodat al die geeste, wat van God afvallig was, hulle weerspannighede sal opgee en tot inkeer sal kom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205