Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE LAASTE UUR VAN DIE AARDE
B.D. 8011 - l Januarie 1962
Die laaste uur van die aarde kom steeds nader. Hierdie woorde beteken nie vir u mense veel nie, want u glo nie dat u so dig voor die einde staan nie. Maar Ek kan u geen dwingender bewys gee ter wille van uself nie, want u sou van angs nie meer in staat wees om u lewensopdrag te vervul nie. Dus kan u dit glo of afkeur, maar u lot sal wees volgens u geloof, as die uur gekom het.
My heilsplan is vasgestel sedert ewigheid. Die diepste liefde en wysheid tot My skepsels het My laat besluit om die plan vas te stel, en sal My ook beweeg om dit ten uitvoer te bring omdat die tyd vervul is. My Wese is vir ewig onveranderlik, en wat Ek eenmaal nodig en suksesvol ag vir die wat nog van My geskei is, sal Ek ook doen en My nie deur mense laat oorreed om My plan te verander nie. Want die plan word opgestel vanweë die wil van die mense, omdat Ek sedert ewigheid voorsien dat die mense op hierdie aarde nie meer in staat sou wees om hulle wil te verander nie.
My plan en handelinge is nie willekeurig nie, maar onmeetlike liefde en wysheid beweeg My tot alle voorvalle. Dus is daar geen rede om van My heilsplan van ewigheid af te sien nie, waar Ek alles tot in die kleinste toe voorsien het. Daarom weet Ek ook dat daar geen sukses behaal sou gewees het, sou Ek My heilsplan verander of tydelik gewysig het nie. En u mense moet bedink dat u waarlik genoeg tyd ter beskikking het, en u uself nie verander nie, omdat u nie in My glo nie. En al sou u nog meer tyd ter beskikking hê, sou u uself tog nie verander nie. Dus sou `n uitstelling van die einde geheel sin-, en doelloos wees, want dan sou hulle wie Myne is, tog nog gevaar loop om My teenstander ten offer te val, as Ek hom nie sou kluister soos wat bepaal is nie.
As u My die hoogste wysheid en die diepste liefde ter ere gee, sal u ook nie vra vir `n afwending van die einde van hierdie aarde nie. Want u sal dan die komende tyd tegemoet gaan met `n volle vertroue in My liefde, wat elkeen sal beskerm wat aan My wil behoort. En wat ook waarlik mag sal gebruik as dit gaan om wat Myne is te help in moeite en gevaar.
En al wil u mense nie glo dat die tyd vir u ten einde loop nie, reken tog die moontlikheid in dat u skielik opgeroep kan word van hierdie aarde. U weet dat u die lewe nie self kan verleng nie, en dat u self ook nie weet wanneer die laaste dag vir u sal kom nie. Hou rekening met die dood wat u nie kan teëhou nie, en dink daaraan wat dan met u siel, wat onverganklik is, sal gebeur. Dit is u eintlike "ek" - oor wie se lot u self beslis in die aardse lewe. Maar u glo ook nie aan `n voortlewe van u siel nie, en daarom is u almal in groot nood vanweë u ongeloof. Want niks sal My verhinder om ten uitvoer te bring wat verkondig is in die woord en geskrifte nie.
Die tyd is vervul, en elke dag is nog `n barmhartigheid as u van goeie wil is. Maar verlaat u nie op valse profete wat `n einde ontken nie, wat glo dat hulle My tot `n ander mening kan bring nie.
Hulle spreek nie in My naam nie, maar is `n instrument van hom wat u in die duisternis van gees wil hou en wat daarom die mense wil laat glo dat hulle nog onbegrensde tyd het. Die mense glo eerder hierdie valse profete en soek alleen hulle vervulling in `n luukse lewe. Hulle dink egter nie aan hulle siel nie, wie se bestaan hulle betwyfel of ontken.
Dit sal gebeur soos wat dit tevore verkondig is. Ek sal Self kom in die wolke om die wat Myne is weg te neem, voordat die vernietigingswerk aan die ou aarde sal begin. Daar sal geen klip op die andere bly nie, want die aarde moet vernuwe word. Daar sal `n nuwe aarde ontstaan, `n paradysagtige skepping, wat al die nog onontwikkelde geestelike weer sal opneem wat vry raak by die verwoesting van die ou aarde, en `n nuwe omvorming nodig het om verder te kan ryp word. En hierdie nuwe aarde sal tot woning dien vir hulle wat aan My trou sal bly tot die einde. Want hulle het die graad van rypheid bereik wat vir hulle `n ingaan in die ligsfeer moontlik maak, en wat daarom ook die paradys mag bewoon. Dit sal vir hulle waarlik dieselfde salige toestand beteken asof hulle hulle liggaamlike omhulsel afgelê het, en in My geestelike ryk ingegaan het.
Hulle moet My as stam van die nuwe mensegeslag (menseras) dien. En dan kan `n nuwe verlossingsperiode begin met geestelike ryp mense, wat dan ook die nog gekluisterde geestelike in hulle omgewing tot `n snelle rypwording sal help. Hulle sal deur die liefde so innig met My verbind wees dat hulle daardeur hulle kinders en kindskinders weer tot liefde kan opvoed, en kan getuig van die glansrykheid van hulle God en Skepper. En so kan die verlossing uit die vorm vinniger plaasvind, omdat Ek in Jesus lewend onder hulle kan vertoef. Omdat alle mense wat dan die nuwe aarde bewoon, hulleself toevertrou aan hulle Goddelike Heiland en Verlosser, Jesus, en in die bewussyn van hulle oerskuld bewustelik die weg tot Hom gaan, waar alle weerstand dan gebroke is. Want elke mens kom dan bewustelik die weg terug na My toe, sodat Ek Self by hom kan vertoef, waar sy grote liefde dit vir My sal toelaat.
Dit is dus die duisendjarige ryk waar die oorwinning oor Satan sigbaar sal wees, want hy kan en sal geen mens meer kan bedreig nie, omdat elkeen homself volkome van hom vrygemaak het, en wat die terugkeer tot My volbring het. Hy (Satan) het dan geen toegang meer tot My ryk nie, totdat hierdie salige tyd langsaam weer sal verander en die mense weer `n neiging sal toon tot die materie. Daardeur sal My teenstander (wat heer is oor die materie) se kettings weer verbreek word en sy invloed sal weer merkbaar word.
Maar voordat hierdie tyd aanbreek, sal baie van die vergeestelike as heeltemal verlos My ryk ingegaan, en Ek het `n goeie oes kon inbring. En dan begin daar ook weer die stryd met My teenstander oor die siele, maar Ek sal Oorwinnaar wees. Steeds weer sal Ek siele van hom ontworstel, en sy toestand, waarin hy sy krag sien, verklein.
Steeds weer sal hy self daartoe bydra dat die verlossing van die gevallenes deurgaan. Want wat van My is, gee Ek nooit as te nimmer op nie, al is daar ook ewighede mee gemoeid. Die gevallenes sal eenmaal tot My terugkeer en sal dan met My verbonde bly tot in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205