Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

"EK HET U NODIG." DIE SORG VAN DIE HUISVADER VIR SY KNEGTE
B.D.5085 - 16 Maart 1951
Ek het u nodig. Die nood op aarde is reusagtig groot en kan slegs opgehef word met u medewerking, omdat Ek nie met My Almag kan inwerk op die siele van die mense nie, maar hul vrye wil moet aangespoor word, waarby u moet meehelp. Die nood is groot en Ek het maar weinig medewerkers op aarde wat hierdie geestelike nood wil teëgaan. Hierdie weiniges staan onder My beskerming, hulle word deur My Vaderliefde met sorg omring en sal nooit sonder beskutting wees nie.
Sou u weet hoe Ek u geestelike arbeid waardeer, dan sou u nie meer die minste twyfel gehad het oor My Vaderlike sorg vir u nie. U sou geen oomblik bang wees nie, maar vol vertroue steeds hulp verwag in aardse nood. Want u moet die geestelike arbeid ononderbroke verrig. Dus sal Ek ook daarvoor sorg dat u dit kan verrig, want van hierdie arbeid van u, hang vir baie siele die hulp af wat hulle andersins nie gebring kan word nie.
Die arbeid vir My en My ryk word op aarde maar baie ongeërg uitgevoer, want selde word die geestelike nood in haar hele totaliteit begryp. Maar weinig mense het insig, slegs weinig mense ken die sin en die doel van die aardse lewe en sin en doel van die skepping. Maar min mense is daarom in staat om aan hul medemens dié kennis te verkondig, en daarom kan min mense ware verkondigers van die evangelie wees, want by dié amp is dit noodsaaklik dat die verkondiger self in dié kennis vasstaan.
Daaruit sal u nou kan aflei dat Ek uiters sorgsaam waak oor diegene wat vir so `n verkondigersamp bruikbaar is, omdat hulle dié kennis van Myself in ontvangs geneem het. Die reeds misvormde leer is nie ten volle geskik as reddingsmiddel vir die dwalende siele nie, slegs die suiwer waarheid kan aan hulle profyt oplewer. Slegs die suiwer waarheid is die middel om die geestelike nood op te hef. En wie nou deur sy wil en sy liefde tot My tot `n draer van die waarheid geword het, is vir My `n troue medewerker, wat Ek waarlik nie wil verloor nie, omdat Ek ook die hoeveelheid dwalende siele nie sou wil verloor nie, maar hulle nog terug wil wen voordat dit te laat is.
Ek het u, My medewerkers op aarde nodig en Ek sê u dit steeds weer, dat Ek My draers van die lig vir My diens op aarde oplei omdat hulle in My plek "die ryk van God" onder die mense moet oprig, dat hierdie draers van die lig egter ook in My diens staan en dus ook deur My, hul Heer, op elke manier versorg word.
Wie dus vir My werk, moet geen aardse sorg vrees nie. Wie vir My werk moet hom ook in volle geloof aan My toevertrou, hy moet as `n kind na sy Vader opsien en altyd seker daarvan wees dat hy ook as `n kind deur sy Vader behoed word. En die sterkte van sy geloof sal hom rus gee ook in elke aardse nood, wat Ek sal ophef as die tyd daar is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205