Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

WARE ARBEIDERS VIR DIE RYK VAN GOD
B.D.6736 - 14 Januarie 1957
Om vir die ryk van God te werk is die mooiste taak wat `n mens op aarde kan vervul, wat homself `n staat van rypheid laat oplewer en ook vir ontelbare siele baie seënryk is, want slegs die verbreiding van God se woord kan aan die siele lig bring en hulle lei na My, na hul Skepper en Vader van die ewigheid. Daarom sal Ek elkeen seën wat hulle aanbied om My te dien en Ek sal ook aan elkeen krag skenk om sy taak op aarde korrek uit te voer. Want sodra hy sy beste doen om My en My woord nader aan die medemens te bring, vanuit die insig dat dit noodsaaklik is vir hul sieleheil, is hy ook vir My `n ware kneg in My wingerd.
Maar die wil om die mense te help moet opreg in hom wees, hy mag nie uit egoïstiese motiewe `n werk verrig nie, wat daarom in plaas van geestelike arbeid maar net aardse werk sou wees, ofskoon dit skynbaar `n geestelike profyt ten doel sou hê. En dit kan Ek waarlik beoordeel: Hulle wie My dien of die eie ek. En daarna beoordeel Ek slegs die arbeid van diegene wat `n geestelike amp beklee, maar net daarvolgens.
Dit moet u, mense, laat dink, want dan sal u ook begryp dat `n seën uit alle geestesrigtings kan voortvloei, as die wil om My te dien tot aanleiding is vir `n prediker om My woord aan sy medemens bekend te maak. Want dan sal hy steeds My bystand ondervind, Ek sal sy denke korrek lei en hy sal in My plek, tot die mense spreek. Hy sal egter ook altyd net die waarheid spreek, omdat Ekself dan die mense deur hom toespreek en Ek altyd net die waarheid kan gee.
Daar is groot geestelike nood onder die mense, wat slegs opgehef kan word deur die aanbied van My woord, want My woord, wat by die mense ontbreek, is Lig en Krag. My woord leer die liefde en slegs deur werke van liefde, stroom die lig en krag na die mens. Dus moet hulle eers onderrig word deur My evangelie, dat hulle in liefde moet lewe om hul siele te vervolmaak. En elke mens word deur My geseën wat hierdie goddelike liefdesleer van My aan die mense verkondig, en tegelykertyd wys op die Een wat uit liefde vir die mense gely en gesterf het aan die kruis, op Jesus Christus, die goddelike Verlosser, in Wie Ek Self My op aarde beliggaam het.
Om die mense op hoogte te bring van Jesus Christus en Sy goddelike liefdesleer, is My opdrag aan almal wat as My ware dissipels uitgaan in die wêreld, en elkeen wat hierdie opdrag uit liefde tot My en sy naaste bereidwillig vervul, is vir My `n ware dienaar. Hy is vir My `n kneg in My wingerd, wie se arbeid steeds geseënd sal wees.
En open hy sy hart en sy oor vir My, dan sal hy ook steeds My aanwysings in homself verneem, wat hy, of deur hoorbaar aangespreek te word, of deur innerlike gevoelens verneem, wat hom aanspoor om te praat en te handel volgens My Wil. Elkeen is vir My `n getroue kneg wat hom heeltemal aan My gegee het, wat probeer om My Wil te vervul en My as die enigste doel, wat werd is om nagestreef te word, herken het. Want dit bring ook in homself die verbinding tot stand met My, wat absoluut nodig is om My as bruikbare werktuig te dien, om My en My ryk nader aan die mense te bring. En sy werksaamheid sal steeds geseënd wees. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205