Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

VERKEERDE, OORDREWE YWER
B.D.6783 - 13 Maart 1957
Die veld wat u sal moet bewerk, sal in sy omvang steeds ooreenkom met u wil om aktief te wees en met u geskiktheid. Dit kan heel groot wees as u uself volledig en heeltemal daarvoor insit, en dit kan slegs `n geringe omvang hê, na gelang van u wil en u ywer om diensbaar te wees, want Ek oefen geen druk of dwang uit nie, Ek gee soos u dit wil hê. Baie van My arbeiders in die wingerd dryf hulleself te veel in soverre dat hulle bo hulle kragte probeer werk, en self vir hulle opdragte oplê waarvoor Ek hulle nie aangestel het nie, sodat hulle eiemagtig gebiede wil bewerk vanuit `n sekere eersug met die bedoeling om hulle te wil onderskei.
En daarom sal hulle meer skade aanrig as seën (bring), want hulle begeef hulle deur hul eersug buite My terrein en vir My teenstander beteken dit `n welkome geleentheid om nou sy aanwysings te gee, waaraan daar ook dikwels gehoor geskenk word. En dit is die gevaar wat vir elke arbeider in die wingerd dreig, wat hom streng by My aanwysings hou, wat gedryf word deur oordrewe ywer, omdat die innerlike deemoed hom verlaat het, omdat hy baie wil bereik, maar nie baie sal wil help nie.
Dit is maar `n klein verskil, maar al My arbeiders in die wingerd sal hulleself ernstig moet ondersoek, welke motief hulle aanspoor om in die wingerd te werk. Hulle moet nie versuim om My in stille gebed te vra vir My aanwysings nie en moet dan altyd dit doen waartoe hulle hul innerlik aangespoor voel. Maar hulle moet hulle nie voorneem om arbeid te verrig wat Ek hulle nie opgedra het en wat daarom meer as wêreldlike arbeid bestempel moet word nie, ofskoon hulle skynbaar geestelike doeleindes beoog. U, mense, weet nie met watter middele My teenstander werk nie, en hoe maklik hy u in sy nette kan verstrik nie, maar u hoef nie sy slagoffer te word nie, solank u uself in diepste deemoed onder My plaas en altyd begeer om slegs deur My gelei te word. Maar Ek sal geen gebied aan u toewys om te bewerk nie solank u die gebied nie beheers nie.
Betree u dit egter sonder My opdrag, dan word u deur die teenparty beïnvloed, omdat hy u swakhede ken om op die voorgrond te wil tree. En hy is u nou ook van diens soos u dit begeer. Baie dikwels het mense hierdie weg gegaan, hulle wat bereid was om My te dien, maar wat nie in `n klein kringetjie wou werk nie, maar vir hulleself `n werkterrein gesoek het waar hulle meer in die openbaar kon tree sonder dat hulle van My die opdrag verkry het. En dikwels voer hulle werksaamhede uit, sonder om te bemerk deur wie hulle daartoe gebring is. En so was dit aanvanklik moontlik dat goeie knegte ongeskik geword het vir die werk in My wingerd, omdat nog te veel wêreldse neigings in hulle gesluimer het, wat te voorskyn getree het en hul verkeerde oordrewe ywer gestaaf het.
Maar wederom hoef dié gevaar nie deur almal, wat My wil dien, gevrees te word as Ekself hulle meer werd ag, wanneer hulle aan My ook hul swakhede en gebreke toevertrou en na My bid om beskerming vir eie mislukking en as hulle steeds op My aanwysings wag voordat hulle aan `n taak begin nie. Al My dienaars word ook wel gekonfronteer met versoekings, omdat elkeen nog swakhede en gebreke het wat hy onskuldig ag en probeer benut. Maar die noue band van die mens tot My, beskerm hom daarteen, om aan hom (God se teenstander) ten offer te val, terwyl die binding met die wêreld ook die weerstand van die mens verswak en daarom dus ook die gevaar bestaan, dat hy daaraan ten prooi sal val. Hou daarom u oog altyd na binne gerig, volg die wêreldgebeure nie so baie nie, maar hou die geestelike ontwikkeling in die wêreld dop, in u omgewing en by uself. Dan sal u ook ywerig `n kosbare klein werkie verrig, u sal aan uself moet werk, u sal u medemens steeds behulpsaam moet wees en u sal hulle van geestelike voedsel, wat hulle ontbreek, moet voorsien. En dié arbeidsterrein sal so groot wees as wat u in staat is om te bewerk. Maar verder weg moet u dit nie waag as u nie vir hom wil werk wat My en u teenstander is nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205