Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

`N BRUIKBARE WERKTUIG. MISSIE: DIE VERBREIDING VAN DIE EVANGELIE
B.D.1893 - 20 April 1941
Dit is `n enorme taak om die lig van insig aan die mensdom te bring in `n tyd wat heeltemal donker en sonder lig genoem kan word.
Dit is `n belangrike opdrag waarvoor, vanweë die uitvoering daarvan, die sterkste wilskrag vereis word en daarom is slegs dié mense daarvoor geskik wat God toegedaan is en hulleself aan Hom in Sy diens aanbied, wat hulle swak voel in die diepste deemoed en God vir krag bid, wat hulle as kinders laat lei en tog `n sterk wil het as dit daarom gaan om vir Hom te stry, wat sonder vrees teenstand bied teen die vyand omdat hulle vol vertroue op God steun, wat geen tree stap sonder om die goddelike barmhartigheid af te smeek nie, en sodoende gesterk in die gees, `n taak aanpak waarvoor diep onbaatsugtige liefde noodsaaklik is.
Hulle staan self in die lig en kan dus die lig ook onder die mensdom verbreed. Daar is groot nood onder die mense en hulle het daadkragtige hulp nodig, maar dikwels wys hulle hierdie hulp hardnekkig af en dan moet God se stryders hulle steeds weer met uiterste geduld inspan om hul taak te voltooi.
Hul inspanning mag nooit afneem nie, hulle moet stry met die swaard van hul mond, dit wil sê vasberade probeer om die goddelike woord te verkondig, hulle moet God Self om steun bid en ook om die Krag uit God, die Heilige Gees, vra, sodat hulle steeds die korrekte onderrig gee en dus die lig verbreed. En nooit mag hulle moedeloos word waar menslike inspanning geen resultaat oplewer nie, daar staan ontelbare geestelike wesens hulle by en deur gesamentlike inspanning moet die onderrig tog sy doel bereik.
Wie hulle egter vir God en Sy leer inspan, wie dit probeer verbreed onder die mensdom, hulle gees is met sorg onderrig, hy sal alleen dit kan onderrig wat volgens die waarheid is en sodoende in waarheid die lig na die mense bring, want die liefde vir die medemens stel hom in staat om die goddelike woord in ontvangs te neem en dan is hy `n bruikbare werktuig vir God, wat verlossend werksaam mag wees.
Daar vloei `n onuitspreeklike seën na die mensdom deur sulke dienare van God, wat deurgee wat hulle van God ontvang het. Dit is die enigste redding vir tallose siele wat nog in duisternis smag. Die duisternis kan alleen verdryf word deur die woord wat van Bo kom, want dié woord is in hulle lig. En wie die goddelike woord tot hulle laat spreek en dit in die hart oorweeg, sal in die lig mag wandel. Want hulle is gewillig en aan hom sal die krag gegee word om ook dit, wat hom geleer word, as waarheid te aanvaar. Maar vir die onwilliges geval die duisternis van gees meer en hulle kan nie gedwing word om God se woord aan te neem nie. En tog mag hulle ook nie ontken word nie, daar moet maar steeds weer probeer word om vir hulle `n lig te bring, `n klein skynseltjie te verbreed om in hulle die verlange na lig op te roep. En daarom moet die liefde aktief word, want slegs dit kan dié wese verlos uit die duisternis, slegs liefde is in staat om wederliefde te wek en slegs die liefde sal die oorwinnaar wees.
En die groot nood op aarde sal slegs deur die liefde van die mens onder mekaar opgehef kan word. Liefde wat haarself uitdruk, deurdat die evangelie gepredik word aan hulle wat in die donkerste van die nag voortgaan sonder om iets te weet van die goddelike Liefde en Barmhartigheid, van God se Wysheid en Almag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205