Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE MISSIE VAN DIE LAASTE DISSIPELS
B.D.7999 - 20/21 September 1961
U, My laaste dissipels van die eindtyd, u in die besonder spreek Ek aan, want u moet help om die werk te voltooi. U moet u heeltemal aan My wy, u moet geen aandag skenk aan dit wat in die wêreld afspeel nie, u moet slegs aan dit wat u in u hart ervaar, aandag aan skenk, u moet na My luister wanneer en waar Ek ookal tot u spreek. Ek het u tot hier gebring, sodat u bewus kan word van die groot werk wat u nog voor die einde moet verrig. Ekself werk met elkeen, en in elkeen, apart van u, en elkeen van u sal My nog ervaar. Die een moet ondersteuning vind by die ander, want elkeen sal geestelike krag nodig hê, krag wat ryklik uit My na hom sal toestroom.
U moet u steeds as steunpilare van My ryk voel, as hoekstene van My gemeente (kerk) wat Ekself op aarde gestig het. Ek het u terwille van hierdie belangrike taak na die aarde gestuur, want Ek het u nodig in die laaste tyd voor die einde. My Gees moet in u kan werk en My Wil moet aan die mense op aarde verkondig word. Hulle sal My woord mag hoor in sy suiwerste vorm en die stroom van My barmhartigheid sal oor die mense, wat van goeie wil is, uitgestort word.
En daarom het Ek op aarde tussenpersone nodig wat die werk van My Gees in hulle toelaat, wat hulle vrywillig aan My gebied het om daardie amp van tussenpersoon op hulle te neem. Ek seën u daarvoor, want die aarde is vir u wat uit die ryk van die lig hier neergedaal het om My te dien, maar dat dit geen verblyfplek is wat gelukkig kan maak nie. Maar Ek het sterk steunpilare nodig, wat teen My teenstander weerstand bied, wat hom nie vrees as hy teen hulle optree nie. Ek het steunpilare nodig wat innig met My verbind is en daarom ook vanuit My krag aktief is op aarde.
En elkeen van u sal die taak vervul waartoe hy hom vrywillig aangebied het. Maar u moet weet dat My Wil u na die aarde gestuur het en dat u weë ook daarom vooruit bestem is, dat u steeds dink vanuit My Wil en dat u handeling ook deur My Wil gelei is. Vertrou daarom steeds op My krag wat ook in die swakke magtig is.
Want mense sal u tot verantwoording roep wanneer die geloofstryd ontbrand. Maar dan sal u nooit alleen staan nie en u sal u ook nooit hoef te bekommer oor wat u sal sê nie, want Ekself sal u die woorde in die mond lê en u hoef waarlik nie die teenstander te vrees nie, want Ek staan aan u sy, maar hy verafsku My. En omdat Ekself by u aanwesig is, ken u geen aardse vrees meer nie. My lig in u straal so helder dat daar `n ware vrede oor u kom en u daarom ook op hoogte sal wees van u herkoms en maar net geluksalig die tyd afwag, waar u weer huiswaarts sal mag keer na My, in u Vaderhuis. Maar eers moet u belangrike taak voltooi wees, want daar kom `n tyd van ellende oor die wêreld waarin u nog baie hulp sal kan bied as u geen openlike teenstand ondervind nie. En hierdie hulp is die verkondiging van My woord, die resultaat van My regstreekse aanspreek wat met My krag geseënd is. Ek wil nog baie mense aanspreek, omdat Ek weet dat hulle dan sal swig vir die aanstraling van My Liefde, dat hulle My kant sal kies en nog voor die einde hulle sal probeer losmaak van My teenstander.
En van al hierdie moontlikhede is Ek op hoogte en Ek plaas u oral daar waar `n siel vir My woord ontvanklik is. En Ek sal u ook solank van krag voorsien as u My op aarde sal dien. Ek sal u lei en alle aardse aangeleenthede oorneem, Ek sal u aardse sorg op My neem, en u moet u alleen, sonder sorg aan My oorgee en doen waartoe u aangespoor word, want dit is altyd My Wil wat Ek in u lê en wat u ook self u eie sal maak.
Want die tyd loop ten einde, nog `n rukkie en My Arm sal ingryp en `n geweldige verandering teweegbring wat `n geestelike en aardse uitwerking sal hê. Maar die Liefde tot My skepsele sal vooraf ook nog alles doen om hulle te red van ondergang. En hierdie Liefde van My het u ook bymekaar gebring, sodat u mekaar kan herken en weet waar u vandaan kom.
(21 September) U almal werk vanuit My krag omdat daar liefde in u is, wat Myself in u teenwoordig laat wees. En so oorheers My Wil ook in u, wat u aan My wy en My wil dien. Maar u diens vir My en My ryk begin uiters moeilik te word, want die wêreldse verhoudings bly nie soos dit is nie en dan is groot krag en `n sterk wil noodsaaklik om alle teenstand aan die kant van hulle, wat My teenstander dien, baas te bly. En die een moet die ander weer sterk maak, want swakhede sal u tydelik ook oorval as u sien hoe min u medemens beïndruk raak as hulle geestelike voedsel aangebied word, wanneer u tot hulle spreek in My Naam.
U het uit vrye wil na die aarde gekom om die mensdom by te staan in hul grootste geestelike nood. U is as `n oase in `n geestelike woestyn en elke reisiger sal vir sy siel herstel en verkwikking by u vind. Maar u medemens jaag `n “fata morgana” (noodlot) na en hulle gaan by u verby, op `n paar na wat u nou in My opdrag, spys en drank sal kan verskaf. `n Suiwer helder bron laat die meeste vars lewenswater uit haar stroom en elkeen mag put uit die bron, waar Ek aan u die bron van die lewe ontsluit het. Waar My Gees kan deurbreek, daar is ook die verbinding met My duidelik sigbaar, en daar sal ook My seën duidelik te siene wees, omdat Ek almal met My Liefde omvat wat met My verbind is in Gees en in Waarheid.
En My bestuur en leiding blyk ook waarlik duidelik, want daar gebeur niks sonder My Wil of My toelating nie. En My Liefde ken altyd u wil wat vir My alleen geld. En daar sal baie seën van u uitgaan, omdat die liefde u aanstel om te werk in die wingerd. Die liefde sal ook die resultaat verseker omdat die liefde `n krag is wat nooit sonder uitwerking bly nie. Die liefde sal so menige weerstand oorwin en deurdring in die harte van u medemens, vooropgestel dat dit nie al `n prooi geword het van die teenstander nie, dat hulle wil nie heeltemal weerspannig is en hulle daarom vyandelik teenoor u staan. Dan sou elke moeite tevergeefs wees, dan moet u uself van hulle afwend en in die stilte weggaan en van My krag vra om opnuut te werk vir My en My ryk.
En vanuit die noue band met My sal u ook steeds weer die weg gewys word wat u moet gaan om vir die siele, in geestelike nood, redding te bring. My krag sal u toestroom. Ek sal met u spreek, u harte sal vinniger vir My in liefde klop, omdat sy vervul sal wees met die liefde vir My en vir die naaste. Maar u sal ook baie gou insien hoe min tyd nog aan die mensdom vergun is, want u wat My dien, is ook op hoogte van My heilsplan van die ewigheid, u weet wat die aarde en die mensdom te wagte staan en u weet ook dat die tyd vervul is. U ken egter ook My Liefde en dat sy u waarlik sal beskut, ook as die wêreld dreigend teenoor u sal staan. Want Ek het u nodig, My dissipels van die eindtyd en Ek sal u vaste Begeleier wees op al u weë en u sal kan werk met My en My krag.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205