Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

ARBEID IN DIE WINGERD VOLGENS GODDELIKE WIL
B.D.8442 - 18 Maart 1963
Ek wil elke inspanning wat gerig is op die verbreiding van My woord, seën. Want u kan nie besef hoe noodsaaklik dit is dat die mense kennis moet opdoen oor die doel van hulle lewe op aarde nie, omdat hulle dit slegs sien as die versorging van hulle liggaam en `n lewe lei wat allesbehalwe geestelik genoem kan word.
Oral is dit donker nag en daar is geen ander hulp as om vonke lig rond te sprei nie, wat die duisternis oplos en vir die mense `n impuls kan wees om op die korrekte weg te gaan, die weg wat hulle in die skynsel van dié lig kan sien, en Ek sal waarlik alles so reël dat die straling van die lig versterk word. Ek sal My woord, wat u van bo-af kry, vir diegene toeganklik maak by wie dit nog `n uitwerking kan hê, dat hulle na Hom luister Wie hulle aanspreek en Sy vermanings aanneem, dat hulle hulle ten slotte sal laat lei en sodoende nie verlore kan gaan nie.
Ek ken die middele en die weë en Ek wend dit ook waarlik aan. Ek laat geen moontlikheid onbenut nie en u, My dienaars, moet maar net dit steeds gewillig uitvoer waartoe u van binne genoodsaak voel. Want die aandring kom daarom van My aan Wie u u dienste aangebied het. Onthou dus goed dat u ook nie bang hoef te wees vir die gebreke van u liggaam nie, dat Ek u krag sal gee om vir My te werk, omdat Ek vlytige arbeiders in My wingerd nodig het en baie goed sien wie My met alle oorgawe dien. Maar vermors nie u kragte nie deurdat u oorywerig sake aanpak wat Ek u nie opgedra het nie. U moet altyd maar net let op My instruksies en dit doen wat Ek u dringend vra. Want u sal My kan glo dat die korrekte resultaat, deur in die stille werksaam te wees, behaal word, dat Ek Myself daarom eers mag openbaar, as daar andersins geen resultaat meer blyk behaal te wees nie en dit na die einde toe loop.
Maar as u die "wêreld" wil wen, as u die massas wil onderrig, dan sal daar baie arbeid tevergeefs verrig word, want daar is nog maar enkeles, en u sal dit nie regkry om die "mensdom" te verander nie, u sal dit nie regkry om baie mense tot besinning te bring nie, slegs enkeles sal vir sulke oorywerige inspanning beloon word. En u het daarom u krag tevergeefs gebruik, want hierdie enkelinge sal, omdat hulle van goeie wil is, ook nog gewen kan word deur werk in stilte, omdat Ek hulle ken en ook My woord vir hulle toeganklik sal maak.
Maar My weë is anders as u s’n en daarom sal u op die innerlike stem moet let en dit as My instruksie opvolg. En hierdie innerlike stem sal u nooit daartoe dwing om op `n besondere manier na buite te tree en opvallend te wees, of groot aksies te onderneem, waarvan Ek weet dat dit nie baie suksesvol sal wees nie.
Weer sonder Ek steeds daarom My medewerkers af van die wêreld, omdat hulle werksaamheid dan vir My en My ryk intensiewer uitgevoer kan word, en omdat My arbeiders in die wingerd, ook hulleself steeds meer sal vervolmaak, wat deur innige oorgawe aan My bereik word, wat baie eerder in stilte as in die drukte van die wêreld sal plaasvind. Want alles wat u `n groot sukses van verwag, vra wêreldse voorbereidings wat nie geskik is dat die mens hulle vergeestelik nie. Daarom druk Ek u dit steeds weer op die hart om vlytig en stil te werk in die wingerd, om in alle liefde, invloed op u medemens uit te oefen, sodat hulle hul tot liefde sal ontwikkel, om hulle in kennis te stel van My woord, om met die belangrikste werk, by te dra tot die verkondiging van My woord wat regstreeks uit die hoë na u gestuur word.
Glo My dat die werking van My woord nog die grootste seën en geestelike vooruitgang sal bewerk. Glo My dat u vir uself buitengewone verdienste kan verwerf wanneer u alle moontlikhede gebruik om aan u medemens kennis van My woord te gee. Want hulle wat nog van goeie wil is, sal aangeraak word daardeur, terwyl die mense, wat al die ander inspan om hul geestelike sienings by te bring, dit weer alleenlik met die verstand aanneem en hulle harte onaangeroer bly op enkeles na, wat Ek egter ook nog op ander maniere vir My sal wen, omdat Ek die harte van die mense ken.
Dink daaraan, dat by die verstandelike denke weereens My goddelike openbarings hoort, om sodanig aan die mense weer te gee, dat hulle daardeur gefassineer word, dat slegs die verstand egter dan weer aangespreek word en `n geestelike resultaat nouliks te behaal is. Dat die direkte oorbring van My woord of die deurgee van My regstreekse openbaring egter `n heelwat groter sukses sal hê, omdat My woord met My krag geseënd is en omdat die mense alreeds `n bepaalde staat van rypheid moet besit, wat `n bydrae moet lewer om die geestelike ontwikkeling onder die mense te bewerkstellig.
Glo dat Ek elke arbeider in stilte vir My en My ryk sal seën, en doen u bes om bekwame arbeiders vir My te wees, hulle wat steeds net die instruksies van hul Heer en Vader van die huis opvolg en hulle hul in liefde oor hulle medemens bekommer. Al die ander sal Ek vir u doen en ook uself lei sodat u My woord aan hulle kan verkondig, die wat dit dankbaar in ontvangs neem as `n buitengewone barmhartigheidsgeskenk, wat ook waarlik nie sy uitwerking sal mis nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205