Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE VERLIES VAN VOLGELINGE
B.D.8906 - 4 Januarie 1965
In die komende tyd sal u nog baie verleidings moet weerstaan, want die aktiwiteite van die teenstander neem toe, hy sit alle kragte in werking wat u, vir die arbeid in die wingerd, moet verhinder. Maar My krag is steeds tot u beskikking en u wil sal ook daarom vra, u sal aan hom weerstand kan bied omdat dié werk vir u die belangrikste is, en omdat Ek aan elkeen van u beskerming verleen.
En dit sal opvallend wees dat baie van hulle, wat u gedink het u al gewen het, hulle sal afwend. `n Versplintering sal juis in hierdie kringe begin, by hulle wat U as U getroue volgelinge beskou het. Maar dit is die werk van die teenstander, wat u egter geen aanleiding moet gee om die arbeid in die wingerd te laat verslap nie. Want hulle almal moet `n geloofsproef aflê en hulle faal dikwels.
En so `n geloofsproef bestaan daarin dat wanneer `n duidelike dwaling as sodanig verstaanbaar gemaak word en met rede omklee word, moet hulle besluit waaraan hulle wil glo. Waar die teenstander ook maar kan binnesluip, daar doen hy dit, en slegs die diep verlange na die ware en die korrekte kan u daarvan beskerm om in sy vangnette te beland.
Maar Ek sê dit reeds vooraf aan u, sodat u daarop voorbereid sal wees en u geen ontnugtering sal ondervind nie. Laat uself nie wankel in die geloof nie, maar weet dat dit slegs diegene oorkom wat nog lou is in die geloof, hulle wat geen ernstige verlange het om die enigste waarheid te wete te kom nie, wat die werksaamheid van die teenstander nie herken nie, want elke mens moet die geestelike leringe ondersoek, en hy kan dit met My hulp doen. Hy kan nie onvoorwaardelik iets as waarheid aanneem wat duidelik die werk van My teenstander is nie.
Want of die waarheid nou steeds weer na die aarde straal, kan en sal Ek, as hy die geleentheid kry om sy wil te wil uiter, dit nie verhinder nie. Want dit, om ook om u siele te stry, is sy goeie reg. Daarom hoef elkeen vir My maar net te vra vir die verligting van gees, dan sal hy ook sien wanneer die vyandige gees tussenbeide gekom het, want Ek laat hom waarlik nie op dwaalweë nie. Almal hoef alleenlik, in alle erns, maar net die waarheid te wil begeer om dit dan ook sekerlik te kan ontvang. En u sal dankbaar moet wees as Ek aan u `n dwaling, wat aan u `n veranderde beeld gee van My en My hoogs volkome Wese, openbaar. Dit gaan vir u tog om die waarheid, en of u in die dwaling wil voortgaan? Die teenstander lê baie sterk boeie om u, maar uself kan hulle losmaak, deurdat u met My die innigste band tot stand bring en My vra om verligting van gees. En as u dié versoek uit die diepste van u hart na My opstuur, dan sal u ook baie maklik en duidelik My Wese kan sien en elke verandering van My beeld, afkeur.
Maar u, My dienaars op aarde, moet u nie daaraan steur nie, selfs ook wanneer u aanhang verloor, want u spreek slegs in opdrag van My, u gee die suiwerste waarheid deur wat u van Myself ontvang en wat Ek ook kan beskerm teen dwaling, omdat u My daarom vra. Ek weet dat dit vir u wat agter hierdie dwaalleer staan, `n moeilike geloofsproef sal wees, wat u sal moet deurstaan. Maar Ek moes eers aan u `n bewys van die geloofwaardigheid van My openbarings lewer, voordat Ek dié probleem ter sprake kon bring. Maar u kan ook hierdie openbaring aanneem as suiwer waarheid. En wanneer u slegs in alle nugterheid daaroor nadink, dan moet hierdie oplossing vir u waarskynliker voorkom en dit gebeur sodra u begeer om in My die volmaakte Wese, wat nie meer oortref kan word nie, sal sien.
Die teenstander sal nog baie dwalinge rondstrooi om die mense daarmee te vang en steeds minder dikwels sal hy herken word, omdat die aantal van hulle, wat slegs na die suiwer waarheid streef, baie gering is. Daarom is dit ook moeilik om die waarheid ingang te laat vind. En slegs diegene wat hulle in innige gebed met Myself verbind en wie se gees Ek daardeur kan verlig, sal ook bereid wees om dit aan te neem. Hulle sal die waarheid egter verdedig en `n teenstander wees vir hom wat eens My woord ontvang het. Maar u sal dit ook op u moet neem as u My getrou wil dien, want Ek alleen kan u in die waarheid binnelei soos wat Ek dit belowe het. Ek alleen kan valse leerstellings, wat steeds weer deur My teenstander in omloop gebring word om die mense in die war te bring, regstel. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205