Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE HEENGAAN VAN ARBEIDERS IN DIE WINGERD. VERDERE YWERIGE WERKSAAMHEID
B.D.9028 - 10 Augustus 1965
En wanneer My planne nou `n ander wending neem, dan moet u ook daarin berus en weet dat dit nie anders as goed kan wees nie. Want u kan, wat nuttig is vir die hele mensdom, nie verskoon nie, want vir My speel dit geen rol of u vanaf die oorkant op die mense inwerk, of nog hier op aarde aktief is nie, want in My heilsplan, is alles sedert lank voorsien en steeds is slegs die vrye wil belangrik in watter besluit u ookal sal neem.
U kan dus gerus in My en My beskikking vertrou, solank u My self wil dien en u uself sonder beperking aan My oorgee; want dan werk Ek self deur u, en dat Ek in My Wysheid alles oorsien, en elke moontlikheid om dwalende siele te red, benut, is seker, omdat My Liefde vir u onuitputlik is. Hoe meer dit nou na die einde loop, des te duideliker sal Ek invloed op u uitoefen, sodat u aan My getrou bly en u nie in hom, My teenstander opgaan nie, hy wat u weer wil terug wen nie. Maar nooit sal Ek dit meer toelaat nie, omdat u wil heeltemal na My uitgaan en dit slegs aan My die reg gee om teen hom op te tree.
Dog die engel van die dood sal ook onder Myne huishou, maar ook dan weet u dat dit My Wil is, dat Ek egter ook elkeen sal beskerm wat nog die taak het om My tot die einde toe te dien. Bly daarom verder onbesorg en wy u, meer as ooit, aan die arbeid vir My en My ryk en wees vlytig in u werk, want u almal weet nie wie Ek nog voor die tyd terugroep nie. En u moet ook nie daaroor kla nie, maar elke dag met `n opgewekte hart binnegaan, omdat alles wat met u gebeur, goed is en deur My Liefde vasgestel is. En wie Ek onder Myne reken, dit wil Ek vir u duidelik maak, sodat u uself nie verontrus nie, want baie het al so `n noue band met My, dat hulle met reg die aardse liggaam kan verlaat om sodoende die ryk van lig en saligheid, te kan binnegaan.
Maar dit weet Ek alleen en hulle wil Ek die tyd van die laaste stryd op aarde bespaar. Ek bring hulle hierheen van waar af hulle ook op die bewoners van die aarde kan inwerk. Maar u moet hierdie laaste tyd nie vrees nie, want Ek voorsien u van bonatuurlike krag sodat u die werk, waarvoor u uself bewustelik insit en My daarom tot `n groot hulp geword het, suksesvol kan voltooi. So, aanvaar alles soos dit kom en moenie dink dat die Vader u verlaat het nie, want Ek het vir alles `n oplossing en Ek is waarlik bereid om u hierdie uitweg te laat vind, al voel u ook tydelik, as gevolg van u arbeid, afgerem. Want Ek is in staat om alle drade aan mekaar te knoop, Ek ken Myne en sal hulle saambring en hulle hul arbeid toeken.
Maar glo steeds daaraan dat u werk vir My welgevallig is, dat Ek u ook eendag sal beloon, of in die paradys van die nuwe aarde, of ook wel in die ryk hierna.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205