Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

TROOSRYKE WOORDE VAN DIE VADER
B.D.8865 - 10 Oktober 1964
As u My maar onvoorwaardelik sou wil vertrou, dan sou daar niks in u lewe wees wat u kon verontrus nie, want Ek het u lot in My Hande. En na gelang van u vertroue in My kan u dan gegee word. `n Swak geloof verhinder My egter om u so te bedien soos Ek dit graag sou wil doen.
U moet daarom alles na u toe laat kom en nie eiemagtig iets doen nie, want juis u wat My wil dien, kan verseker wees daarvan dat Ek al u weë gelyk sal maak, as u uself maar altyd aan My Liefde en Barmhartigheid toevertrou. Want vir My staan waarlik alle middele ter beskikking en Ek lei u lot soos dit goed is vir u en vir die arbeid in die wingerd wat u nog vir My moet verrig, want u kan dit tog wel vir u indink dat Ek dit Self wil dat u nie die werk onderbreek nie.
Ook sal u dit kan voorstel dat niks vir My onbekend is van wat goed is vir u nie, en daarom sal u ook gelei word waarheen en hoe dit My Wil is. Ek sal die beslissing vir u maklik maak, want u sal almal van die korrekte denke wees. Dan weet u ook dat Ek die spel in My Hande het, dat u moet meehelp en glo dat Ek u ook verder sal bystaan. Want Ek wil dat daar nog baie arbeid verrig word en u moet My u kragte ter beskikking stel, want dit gaan dan om nog meer dwaling op te helder en te bestry, wat u egter slegs kan doen met My ondersteuning.
En sodoende het Ek ook getroue knegte nodig, wat ten eerste gewillig is om geestelike leringe aan te neem en ten tweede om dit te versprei, want die geestelike nood word steeds erger en die mense het dringend opheldering nodig, sodat hulle instinktief die dwaallere kan afkeur en tegelykertyd daarmee ook die waarheid kan aanneem, en daarom nie sonder enige geloof sal wees nie. Dat Ek u nodig het vir hierdie diens, moet vir u al voldoende wees om ook My sorg vir u en u aardse behoeftes begryplik te maak. Want eenmaal sal u ervaar hoe geseënd hierdie arbeid van u was, ofskoon dit hulle nie dwing om te glo nie, maar dat alles vir hulle vrystaan. Maar in die hiernamaals sal u werksaamheid duidelik sigbaar wees deur strale van lig. Dus kan elkeen wat op die “lig” afgaan tot die insig van die waarheid kom, en daar is nie min wat aan hulle krag en lig verskaf nie, selfs wanneer u moeite op aarde dikwels sonder resultaat skyn te wees.
Daarom, glo dat Ek My dienaars op aarde deur alle gevare van liggaam en siel heen lei en My Hande nooit van hulle afhou en maar net begeer dat u aan My sal vashou en My vertrou. Dan word elke knoop ontknoop, en elke haglike situasie vir u asof vanself opgelos, dat u steeds weer My welwillende Vaderhand herken, Wie merkbaar beskermend oor u waak en u lei en u geen skade laat ondervind nie. En hoe meer u op My vertrou, hoe meer sigbaar sal My hulp, waaraan geen beperkinge opgelê word nie, word.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205