Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

MISSIE: STRYDERS VIR DIE RYK VAN GOD. AARDSE MAATREËLS
B.D.2096 - 4 Oktober 1941
Dit is `n buitengewone belangrike opdrag wat die mens moet vervul, hy wat God daarvoor uitgekies het. Die geestelike nood van die tyd het daardie soort mense, wat aktief besig is vir die ryk van God nodig; dit vra mense wat die verbinding, tussen die aarde en die geestelike ryk, tot stand bring, wat hulle bereid verklaar om as tussenpersoon tussen God en die mense te werk, wat insig het, dit wil sê aan wie die kennis van die waarheid oorgedra kan word, want om die nood van die tyd te verminder, moet die waarheid onder die mense eers verbreed word.
En dit is `n taak wat groot liefde en `n sterk geloof vereis, want hierdie mens moet standhou teen die wreedste vyandigheid van die wêreld, hy mag, as sy sending resultate wil bereik, nie onseker word of verslap nie. Hy moet bereid wees om altyd sy lewe vir die waarheid te gee, hy mag aardse mag nie vrees nie, soos wat hy ook geen ag mag slaan op liggaamlike lyding nie. Sy geloof moet steeds sterker wees en alles oorwin.
Hierdie belangrike opdrag is dan alleenlik uitvoerbaar as die mens in die innigste verbinding met God staan, as hy deur hierdie verbinding steeds meer krag uit God in ontvangs neem: Want God alleen is sy sterkte, sy mag en sy krag waardeur hy alles kan volbring wat hy wil.
Om die mense in die waarheid te wil onderrig, is `n onderneming wat groot deursettingsvermoë en geduld vereis, want dit gaan daar dikwels om hardnekkige weerstand te breek, wat begryplik is, omdat die geestelike duisternis die mense onbevoeg en onwillig maak om die waarheid aan te neem.
Weer moet hierdie mens probeer om lig in die geestelike nag van sy medemens te bring. Hy moet deur sy eie lewenswandel en die uitwerking daarvan, vir die mens `n goeie voorbeeld wees, hy moet steeds weer probeer om in liefde `n invloed uit te oefen op die mense wat nie begrip het nie, en hy mag nie angstig aan die gevolge, wat vir hom van wêreldse kant deur sy arbeid sou kan ontstaan, dink nie.
Die geestelike nood van die tyd maak daadkragtige hulp noodsaaklik en vereis moedige stryders vir die ryk van God. En die mense sal angstig wees vanweë die maatreëls wat opgelê word aan die mense wat God dien. Hulle sal hulle gewilliglik buig onder die eis van hulle wat sulke maatreëls uitvaardig en daarom moet die stryd tweemaal so ywerig gevoer word deur hulle wat hulle aanbied in die diens van God.
Die sigbare ondersteuning sal nie ongesiens bly nie en dit sal die krag en die moed groter en sterker maak om die aangewese belangrike taak uit te voer. Want dit gaan oor meer as die aardse lewe wat na `n kort tydjie beëindig word, dit gaan oor elke mens se ewige lewe, wat hy self op aarde gestalte aan gee.
Die ken van die kwellings enersyds en die onvoorstelbare geluk andersyds sal egter die daartoe geroepe mense daartoe bring om die swaarste leed op hulle te neem om dit sy medemense te bespaar en hulle te help om die ewige heerlikheid te bereik. En hy sal met volledige oorgawe My belangrike taak vervul, want God Self staan hom altyd tersyde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205