Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE MENSE SE GESINDHEID SAL AAN DIE LIG KOM
B.D.3736 - 5 April 1946
Die mees innerlike gesindheid van die mense sal geopenbaar word wanneer u hulle die evangelie bring in groot aardse nood, as u hulle My woord aanbied as troos en hulp. As `n drenkeling sal menige mens na die laaste redmiddel gryp en uit My woord die krag haal wat hy nodig het om die aardse nood te oorwin. Terwyl wederom ander onverskillig of afwerend sal reageer en die ligdraers sal bespot of selfs bedreig. Want die groot nood sal alle kamoeflering wegruk en die ware gesig sal te voorskyn kom by die mense wat nog tevore die skyn bewaar het om gelowig te wees en dan alle geloof opgee, wie die aardse lewe verwens en My as Skepper en Bestuurder van hemel en aarde vervloek. Desondanks glo hulle tog innerlik aan `n Mag wat sterk is maar hierdie nood tog toelaat, sulke mense is die wat nou aan My teenstander onderworpe is, en wat bewustelik vir almal die stryd aansê wat hulle vir My uitspreek. Want die vloek teen My, wat hulle nie hoef uit te spreek nie, maar innerlik dikwels uitstoot deur duistere gedagtes, val op hulle terug en dryf hulle heeltemal in die hande van My teenstander wat hulle gebruik om openlik te agiteer teen My.
Maar ook hulle moet deur die nood gedwing word om hulle te uiter, hulle moet openlik stelling inneem en vir hulleself duidelik maak wat hulle glo. En hierdie inneem van stelling sal plaasvind as u hulle My woord predik wat van My Liefde getuig, wat liefde leer en tot liefde wil opvoed. Dit is `n swaar beproewing wat Ek vir die mense het. Tog is hulle nie te ontgaan met die einde voor oë nie, wat vir u almal nader is as wat u dink. En wie die proef nie deurstaan in die dae van nood nie, wie in hierdie nood nie die weg na My sal vind nie, hy glo nie sy innerlike nie, al sou hy dit ook deur woorde wil verseker.
Terwyl dit krag gee, sal My woord die gelowiges aanraak en hulle nood verminder. Maar wie in opstand kom teen u wat aan hulle My woord bring, die onthul sy innerlike, en hy is nie in staat om iets nog bereidwillig aan te neem en so verstaan hy ook niks van die krag van My woord nie. U sal daarom aan erge vervolgings blootgestel wees. U sal bedreig word en daarom tog moet standhou teenoor u vyande. Maar ook dit sê Ek u reeds voor die tyd, sodat u kan weet waaraan u met My woord toe is. Sodat u ook dan nog sterk kan bly, omdat u weet dat die uitwerking van u arbeid vir My ryk baie verskillend sal wees, en altyd beantwoord aan die innerlike denke van hulle aan wie u My evangelie verkondig.
En as Satan al besit geneem het van die siel van `n mens, sal hy u ook sy ware gesig toon, hy sal My bespot en belaster en u, as My bodes, eweneens belaster. Maar vrees daarom nie, want Ek is altyd met u as u vir My en My ryk werksaam is en Ek sal u beskerm, ook teenoor die ergste en vyandigste aanval.
Maar trek daarom verder en hou u nie op met hulle wat u herken as My teenstanders nie. Dra die lig van My goddelike liefdesleer verder en bring dit vir hulle wat die krag en sterkte nodig het en u dankbaar sal wees vir die aanbod van My woord.
Laat u nie afskrik deur hulle wat u vyandiggesind is nie, want ook dit is die bedoeling van My woord, dat die mense hulle innerlike onthul: Dat hulle openlik `n standpunt inneem teenoor My gawe en dus teenoor My wie hulle daardeur tot `n beslissing wil dwing voordat die laaste einde kom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205