Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

GEESTELIKE ARBEID MOET VOOROPGESTEL WORD. `N NUWE ARBEIDSVELD
B.D.3921 -2 November 1946
Wat vir u nuttig is om die rypheid van u siel te vergroot, ken Ek waarlik die beste en daarom sal u lot op aarde steeds in ooreenstemming wees met die behoefte van die siel, wie My egter aan die einde van haar aardse lewe sal dank, omdat Ek rekening gehou het met dit, waaraan sy behoeftig was.
Die lewe op aarde duur maar `n kort tydjie en kan nooit aan u vergoeding bied vir dit wat die siel gaan mis as daar aan die liggaam, met sy wense, te veel aan voldoen word nie. Want vir u siel is dit nodig dat sulke wense agterweë gelaat word, alle hindernisse vir haar ontwikkeling, moet vir haar uit die weg geruim word en so-iets sal steeds deur die liggaam op sodanige manier gevoel word dat dit hom nie erg sal geval nie. Maar verlaat u steeds op My Liefde en Wysheid, glo dat alles wat u betref, deur My Wysheid as bevorderlik vir u gesien word en u deur My Liefde opgelê word; skik u daarom steeds binne My Wil sodat u salig kan word.
U, My dienaars op aarde, moet egter heel besonder voorberei word vir u funksie in die laaste tyd voor die einde, u moet geestelike voorrang gee bo die aardse en moet uself altyd weer voor oë hou dat u uself in My diens geplaas het, dat u geen twee meesters, My en die wêreld, kan dien nie. U geestelike arbeid moet alles vir u wees. Ek het u geroep om geestelik te werk en u lewenslot sal sodanig verloop dat u hierdie arbeid ongehinderd kan volbring, dat u ywerig werksaam kan wees vir My en My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie. Ek sal u na die arbeidsveld, waarin u moet werk, lei en ook na u liefde tot My en die medemens, sal u ook `n resultaat kan verkry; naamlik die redding van dwalende siele uit `n geestelike duisternis.
Dink dat dit u vernaamste taak op aarde is waarvoor u uself aan My in vrye wil aangebied het, dink dat dit heelwat nodiger en belangriker is as om die aardse sorge uit die weg ruim, dink dat vir die laaste klompie mense, baie mense bruikbaar is, maar vir die eerste egter, vir die opheffing van geestelike nood, is daar maar min wat hulle bereid verklaar en daarom is die gebrek aan arbeiders, wat geestelik op aarde werksaam is, so groot.
Waar Ek egter sulke mense vind, daar sal My seën ook altyd merkbaar wees en hulle skrede sal Ek so lei, dat waar daar groot nood is, hulle seënryk kan werk. My dienaars op aarde weet dat die tyd maar kort is tot die einde en u moet hierdie tyd volledig benut vir My, u moet My evangelie uitdra in die wêreld. En Ekself sal vir u die plek aanwys waar u u geestelike werksaamhede moet uitvoer in die komende moeilike tyd wat die laaste einde voorafgaan. Waar die geestelike nood groot is, daar het Ek bruikbare arbeiders nodig om die braaklêende veld te bewerk, goeie saad te strooi en goeie vrugte te oes. En gee so u volle vertroue en onderwerp u gewillig aan My Wil, aan My leiding, want dit is die regte manier, vir uself asook vir die tallose siele aan wie u hulp moet bring in geestelike nood.
Wag geduldig tot Ek u roep en gebruik elke dag slegs om u eie siel te verbeter, neem My woord in ontvangs met `n begerige hart en laat u deur sy krag deurstroom word, lê al u sorge en nood, geestelik sowel as aards in My hande en laat EKSELF vir u sorg, dan sal u lewe op aarde waarlik nie nutteloos wees nie, want om `n belangrike taak, soos dit aan u toegewys is, te vervul, vereis `n wil wat op My gerig is, `n diepe geloof en liefde tot My en tot die naaste: En die siel van hom, wat op die aarde is, aan wie hierdie belangrike taak toevertrou word, moet ryp word, want My barmhartigheid en My seën is vir hom `n sekerheid.
Die tyd tot die einde is nog maar kort, maar moeilik vir elkeen afsonderlik. Wie egter krag en barmhartigheid van My put, hy sal hierdie tyd, sonder skade aan sy siel, oorleef. Hy sal haar ten volle kan benut en ryk aan geestelike skatte die aardse lewe teruggee, te ruil vir `n geluksalige lewe in My ryk, waar hy vir alle selfverloëning en ontberings wat die aardse lewe hom gebring het, duisendvoudig skadeloos gestel sal word, omdat hy aan My trou gebly het tot die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205