Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

VOORWOORD
Hoe sien dit daar op die oomblik uit? Die doel van die teenparty is nou, om al die goddelike, al die voortreflike en heilige, al die heldere en suiwere, belaglik te maak en deur die slyk te trek, en so die mens te verlaag tot benede die dier.
Maar waarom konsentreer die aanvalle bowendien nog heel besonder op die persoon van Jesus Christus, terwyl die ander stigters van allerlei godsdienste ongehinderd bly? Die antwoord is voor die hand liggend: "Juis omdat Jesus Christus, die God en Verlosser is!". Daarom konsentreer die kragte hulle daarop om Jesus Sy Godheid te ontneem. Hy moet in die bewussyn van die Christelike mensdom nie meer voortlewe as God mens, as vleesgeworde God en Verlosser nie, maar sommer net as `n gewone mens.
Maar een ding sal mens waarskynlik weer oor die hoof sien, dat die hel juis met sy geraas en getier gedwonge die Godheid van Jesus bevestig.
Alle kragte word ingespan om die Goddelikheid van ons Heer Jesus Christus te verloën, wat uiteindelik `n bevestiging van die Christelike geloof is en tegelykertyd is dit `n erkenning van vrees van die hele sataniese sektor vir Hom Wat die dood en die hel oorwin het.
Ons kan getroos wees: Jesus bly die Oorwinnaar. Hoe meer die duisternis Sy Naam, met dit wat by haarself hoort, besoedel, soveel stralender sal Sy Suiwerheid te voorskyn kom wanneer die tyd van die beproewing afgeloop het en die groot "halt" weerklink.
Margaretha Enkel

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205