Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GELOOF STRYD - ANTICHRIS - TEENOORGESTELDE ARBEID
B.D.5719 - 9 Julie 1953
Daar moet kragtig daarteen gegaan word wanneer die Antichris sy laaste werk begin, naamlik om aan alle geestelike strewes `n einde te maak. Wanneer hy openlik teen God ingaan, wanneer hy poog om elke geloof uit te roei en sodoende sy gesindheid duidelik as teen die Christus gerig herkenbaar maak. Dan moet alle kragte in die Hemel en op aarde aktief raak, want dan begin die swaarste stryd wat die volgelinge van Jesus ooit beleef het.
Dan begin die laaste geloofstryd wat die einde inlui en met die grootste hardheid en brutaliteit gevoer word, omdat Satan self teen God sal opstaan om Hom tot `n val te bring en homself op Sy troon te verhef. Maar dan sal alle dienare van God op aarde ook groot ondersteuning ondervind van die kant van die ligwêreld, want dan moet ywerig gearbei word om alle aanvalle van die vyand te weerlê, om Jesus Christus openlik te verkondig en Hom voor die wêreld te bely.
Dan word daar geen verborge spel meer gespeel nie, dan sal dit duidelik word wie in God glo en Hom liefhet; wie so sterk is dat hy Jesus Christus as sy enigste Heer erken en nie die bevele van die teenparty vrees nie. En dan sal elke verkondiger van die Goddelike liefdesleer - die woord van God - dubbel geseënd wees, want dan verrig hy ook `n baie noodsaaklike arbeid. Hy verkondig God, wat die mens met oortuiging wil verloën. Hy stry vir Hom en vrees hom nie wat hom selfs met die dood daarmee bedreig nie.
Maar so `n arbeid kan alleen verrig word deur hom wat die ware insig het, wat vooraf daarvan geweet het, ook van die tekens van die einde; wat daarom nie anders kan as om vir Jesus Christus en Sy Verlossingswerk op te kom nie, omdat hy deur Sy liefde en Barmhartigheid gegryp is en Sy werke gewaar word. Dit gee die krag wat hom tot alles in staat stel, selfs tot `n openlike belydenis van sy geloof, wat vir hom egter die bitterste lot op aarde kan beteken.
Maar hulle vrees nie die swaar lot nie, omdat hulle tot insigte gekom het en vir niks meer op die wêreld bang is nie. Hulle het die regte Heer herken en gee hulle aardse lewens vir Hom met vreugde wanneer dit nodig is. Die teenwerkende arbeid wat van God se stryders verlang word is: Om ophelderend te werk, waar vertwyfeling bestaan, om te poog om siele te wen, sodat hulle hulleself aan Jesus Christus kan toevertrou; aan Hom, wat hulle aller Redder en Heiland is en wat hulle ook uit aardse nood en verdrukking sal bevry, wanneer die einde gekom het.
En hulle arbeid bestaan daarin om die waarheid wat ingesien is, te versprei en moedig op te tree teen kwaadsprekers en lasteraars, teen aanhangers van dwaalleringe en teen almal wat die liefdesleer van die Christus vyandiggesind is. Hulle opdrag is om "lig" te versprei, omdat die donker nag van die gees die mense omring. Daar sal tog ook nog mense wees wat besluiteloos is waarheen jy jouself kan wend; en God so vir hulle voor te stel soos wat Hy in der waarheid is, en dit behoort ook tot die arbeid vir die ryk van God. Die suiwer waarheid kan en sal haar uitwerking nie mis in `n hart wat na die waarheid verlang nie, want dit gaan oor die weinige weifelaars wat besonder liefdevol behandel moet word - sodat hulle hulleself by u kamp kan aansluit en u vriende word in plaas van vyande.
Die Antichris sal in die laaste geloofstryd wapens gebruik wat alle liefde sal mis, u moet egter met ywer veg met die wapens van die liefde. U moet poog om vir hulle te gee wat u reeds besit, wat u van God ontvang het, naamlik Sy woord, wat op elkeen sal inwerk volgens sy wil.
Wie ernstig na lig verlang, sal dit ook verkry, en wie lig besit, weet ook hoe sy houding moet wees in die dae wanneer God se teëstander sal woed om alle siele vir homself te probeer wen. Hierdie stryd sal weliswaar ongelyk wees, want u sal maar `n klein groepie wees, u teëstanders sal egter talloos wees. Maar u sal meer krag besit, want u sal dit direk van God af ontvang en dit sal die sterkste vyande oorwin, en u kan deur `n sterk geloof teenoor u teëstanders getuig oor Hom en Sy mag.
En u kan daardeur ook die wêrelddeurdagte planne van God se teëstanders verydel, want die krag van die geloof lê duidelik getuienis van God af. Die krag van die geloof kan ook nog voor die einde u vyande oorwin en hulle kan hulleself ook vrywillig aan u oorgee, hulle kan na u kant toe oorloop en sal vir ewig gered wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205