Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

VALSE GESALFDES EN VALSE PROFETE
B.D.5861 - 24 Januarie 1954
Ek verkondig u steeds weer: Die tekens en wonders sal toeneem, die van die kant van My dienare op aarde sowel as ook die van die kant van My teenstander. Want daar sal baie valse gesalfdes en profete opstaan om in opdrag van die vors van die duisternis dit te verswak wat deur My ware dienare verkondig word, om hulle wonders en voorspellings dan as twyfelagtig voor te stel en die mense in steeds in dieper duisternis te stort. Dog die wonders wat die valse profete verrig, sal slegs daaruit bestaan om aardse mag en rykdom te vermeerder, dit sal geen dade van liefde wees wat hulle volbring nie. Deur hulle sal werke ontstaan wat hulle sal bestempel as werke wat deur `n bonatuurlike mag tot stand gebring is; wat egter slegs as `n opeenhoping van aardse goedere gekenskets kan word, dus verraai hy hom ook as die heer van die materie.
Maar egte wonders is werke van barmhartigheid vir die lydende en verswakte mensdom. Egte wonders is `n duidelike gevolg van die krag van bo. En egte wonders sal alleen gedoen kan word deur hulle wat as ware verkondigers van My Woord op aarde werksaam is; wie My en My stem bely voor die wêreld en poog om die geloof in My tot lewe te wek en te stimuleer.
Dit is ook die egte profete, wat volgens My Wil aan die mense verkondig wat hulle te wagte staan en wat Ek daarom uitgekies het om die verkondigde Woord te verbind met bewyse van geloofskrag, sodat die mense kan insien deur welke krag en welke Gees My verteenwoordigers arbei. Want daar sal teen die einde ook baie valse profete optree en deur wonderdade probeer om die mense in verwarring te bring. My teenstander sal met dieselfde middele werk en dit sal ook makliker vir hom wees om die mense te mislei, omdat hy aan hulle geen ondergang verkondig nie - maar steeds net `n lewe van aardse welsyn en wêreldse vooruitgang beloof. En omdat sy wonders daarin bestaan om hierdie wêreldse vooruitgang op die voorgrond te plaas - sodat sy wonders vir die mense `n betowerende materiële opbloei is - omdat sy voorspellings `n toekoms van rykdom, eer en aardse sukses belowe, `n wêreld van opbou en aardse volmaaktheid, word daarom ook meer aandag aan sulke voorspellings geskenk. Dog die mensdom word daardeur steeds meer afgelei van die egte en ware wat My verteenwoordigers op aarde hulle bekend maak, dat die mense voor die einde staan, dat al die materiële goedere hulle nie teen ondergang - wat hulle met sekerheid tegemoet gaan, kan red nie, as hulle My woorde nie aanneem nie, maar na die woorde van hulle luister op wie die vors van die duisternis sy invloed uitoefen. Na hulle, wat wel ook wonders verrig deur sy krag, wat op aarde magtig is, omdat hulle hulleself aan hom uitgelewer het, wie se aktiwiteite egter steeds te herken is.
Want liefde spreek nie uit hulle nie, hulp vir noodlydende mense is daar nie te ontdek nie - hoewel hulle hulself ook van My woorde bedien of ook wel My Naam op die voorgrond plaas om as ware profete beskou te word. Daar sal duidelik die dryfveer van hom te herken wees wat My teenstander is, wat in die laaste tyd alles sal probeer om My klein kudde te verstrooi en vir homself te wen. Hierdie tyd het nou gekom, daarom gee ag op alles wat Ek vir u sê, sodat u kan leer om die ware van die valse te kan onderskei, die Lig van die verblinding - die Waarheid van die leuen, sodat u nie in die hande val van hom wat u wil verdorwe nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205