Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE GELOOF IN JESUS CHRISTUS IS IN GEVAAR, DAAROM OPENBARINGE
B.D.8618 - 16 September 1963
Die geloof in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld sal steeds meer afneem, want van die kant van die teenstander word alles onderneem om in die harte van die mense vertwyfeling en verwerping te saai, en omdat daar geen regstreekse bewyse gelewer kan word nie, sal die geloof juis sterk in Hom moet wees, sodat die mense nie beswyk en Hom heeltemal uit hulle gedagtes verwyder nie, wat ewenwel groot geestelike duisternis sal veroorsaak, wat die gevaar om terug te stort in die dieptes sal beteken. Maar dit is die plan van die teenstander, sodat hy sy aanhang nie verloor nie, wat alleen deur Jesus Christus met Sy kruisdood van hom kan ontruk, wanneer die mens aan die werk van verlossing deur Hom glo. Daarom word daar die ongelooflikste beweringe opgestel wat alles daarop neerkom om `n bestaan van Jesus heeltemal te verloën, of Hom dan as mens voor te stel, net soos elke ander mens, al Sy wonderdade tot en met Sy opstanding uit die dode as leuens af te maak, of 'n ongeloofwaardige verhaal te versin en gevolglik die hele verlossingswerk te verloën en kragteloos te maak.
En die teenstander vind baie ontvanklike ore vir sy leuens, die wat hom al te graag glo, omdat hulle nie in Jesus Christus en Sy verlossingswerk wil glo nie, soos hy egter ook die geloof van diegene aan die wankel bring wat onverskillig is en nie geheel oortuig van die leerstellings van Jesus Christus is nie.
En ook hulle maak hulleself maklik los van hulle menings en opvattinge tot nou toe. En slegs by hom wat ernstig na die waarheid soek, kan die geloof opnuut versterk word, want dit word vir hom duidelik in sy gedagtes ingebeeld, hoe dit met die verlossingswerk van Jesus Christus gesteld is, of anders sal hy deur My Woord `n noukeurige kennis verkry, want dit is die vernaamste rede van die stuur van My Woord na die aarde, dat die mense oor die verlossingswerk volgens die waarheid onderrig word, sodat hulle die weg na die kruis kan neem en hulle vernaamste taak op aarde vervul: om vergifnis van hulle oerskuld te vind by Hom, die goddelike Verlosser Jesus Christus.
Want u, mense sal slegs dan van `n resultaat kan spreek in die lewe op aarde, wanneer u hier vry word van u oerskuld, en daarvoor is slegs die erkenning van Jesus nodig en die innige bede tot Hom om vergewing van alle skuld. Dan was u bestaan as mens waarlik nie tevergeefs nie, dan is die doel deur u bereik, wat ewenwel sonder Jesus Christus nooit bereik kan word nie. Verlossing deur Jesus Christus beteken in sigself `n algehele losmaking en vrywording van die vyand van u siel, wat dan alle mag oor u, mense verloor het.
Dat hy dit egter met alle middele en op elke manier wil verhinder is begryplik en daarom neem hy ook sy toevlug tot alle bedenklike planne om alle geloof in Jesus Christus van die mense weg te neem. En omdat die mense in die laaste tyd voor die einde ook heeltemal sonder liefde sal wees, besit hulle ook geen lewende geloof wat teen die stormaanval van die teenstander sou kan standhou nie, veeleer gee hulle vrywillig ook hulle swak geloof op, sonder om na te dink, neem hulle verkeerde lering aan om sodoende ook alle verantwoording van hulleself af te skud, omdat hulle dan ook nouliks in `n God glo, Wie eendag rekenskap van hulle gaan vra vir hulle lewenswandel.
Maar My werksaamheid word daarteenoor geplaas en werk in `n groter mate en wat aan die mense deur bewyse nie geloofwaardig gemaak kan word nie, word deur die "werksaamheid van My Gees" bewys en die mense word daardeur `n helder insig verskaf en ook die verlossingswerk van Jesus word volgens die waarheid begryplik gemaak en gemotiveer. Hierdie duidelikheid van My gee so 'n begryplike beeld van die missie van die mens Jesus, dat die mens wat ernstig is, sal vasstaan in die waarheid en tot `n oortuigende geloof kom.
En hoewel daar slegs weiniges is; kom hulle egter ook uit vir hulle kennis en die teenstander sal nie meer in staat wees om hulle geloof aan die wankel te bring nie Want hulle hoef geen bewyse te hê nie, omdat slegs die "werksaamheid van die Gees" die bewys is, wat ook eers deur die kruisdood van Jesus moontlik geword het en dat aan die mens steeds slegs suiwer waarheid oorgebring word en alle geestelike samehang duidelik gemaak word, sodat die mens nie meer kan twyfel nie.
Maar hy het `n vrye wil en hy kan homself van die invloed van My teenstander onttrek, soos hy egter ook hom terwille kan wees en homself vir die suiwer waarheid afsluit. En steeds duideliker sal die werksaamheid van die teenstander op die voorgrond tree, tot hy ten slotte ook My Self sal wil uitskakel en die mense ook van die geloof in `n God en Skepper sal wil ontneem, in `n oorheersende en werksame Mag. En dan het sy uur ook gekom; dan gaan hy sy bevoegdheid te buite en beëindig daardeur self die tyd van sy werksaamheid op hierdie aarde. Dan word hy weer vir `n lang tyd gekluister, soos dit verkondig is in woord en geskrif.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205