Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

STERK PILARE VAN DIE KERK WAT DEUR GOD GESTIG IS
B.D.8742 - 2 Februarie 1964
Ek wil u die krag gee om met oortuiging vir My en My Ryk op te staan, wanneer u tot verantwoording geroep word en u sal dit moet regverdig aan mense wat u aanval. Dan sal u nie hoef te oorweeg wat u sal sê nie, want Ek sal vir u die woorde in die mond lê en dit sal groot oortuigingskrag hê. En ofskoon die mense u sal bestry; so sal hulle tog ook tot nadenke gedwing word deur dit wat u vertel en weer kom dit slegs op die wil neer, of hulle hulself innerlik sal laat oortuig of die gedagte verwerp, waarvoor ook van hulle eendag verantwoording gevra sal word.
Wie die stryd (met die swaard van die mond = opm.v.d. uitg.) teen die vyand sal opneem, aan sy kant sal Ek Self stry en steeds verhinder dat hy skade ly, liggaamlik en geestelik; want My Hand reik waarlik ver en dit kan alles van u afweer. Maar dat die stryd sal ontbrand teen alle gelowiges, teen Myne wat aan My getrou bly, is seker, sodat dit die laaste skeiding sal bring, omdat dit nog die laaste geleentheid is vir die swakkes in die geloof, wat van u geloof krag en sterkte kan opdoen en dan tog nog na die kamp van Myne kan oorloop. Want My werksaamheid by u sal duidelik te onderskei wees.
Ek sal u deur elke nood heen lei, Ek sal u beskerm teen die teenstander en sy meelopers, want tot op die einde toe sal u vir My nog sterke steunpilare van die geloof moet wees, pilare van My 'kerk’ wat Ek Self op aarde gegrondves het. Tot op die einde toe sal u getuienis moet aflê van `n lewende geloof en `n innerlike band met My, wat ook na buite toe sy uitwerking sal hê, sodat geen aardse nood Myne sal tref nie, want Ek Self sal hulle bewaar en dit dikwels op bonatuurlike wyse; want vir My is waarlik alles moontlik. Hy, wat die hele skepping laat ontstaan, sal ook Syne kan behoed wanneer die mens hulle alles sal onthou en hulle hulself nie kan verweer teen die geweld van die mense nie. Dan sal My Krag en Sterkte en My Liefde duidelik te sien wees, Wie u alles laat toekom wat u nodig het. Want dit sal slegs `n kort tydjie duur tot Ek Self aan die skandelike praktyke van My teenstander `n einde sal maak, totdat Ek diegene wat vir My teenstander werk hulle verdiende loon sal gee en vir geen erge daad terugdeins nie.
En u sal ook duidelik `n getuienis moet aflê vir My en My Naam en dan sal u nie swak mag word of terugdeins nie, want Ek gee u die krag om te weerstaan, sodat u My met vreugde sal bely voor die wêreld, omdat u volkome vervul is met My Gees en nou ook met die volste oortuiging spreek volgens My opdrag. Maar voordat u nog nie gekonfronteer word met hierdie tyd nie, is die einde nog nie daar nie, dog die geloofstryd sal met die einde eindig. Want Ek Self sal kom om Myne uit die groot nood te bevry, omdat vir My teenstander geen maatreëls te skandelik is om My Self te onttroon en te verdring uit die harte van die mense nie. En daarom beveel Ek hom self om te staak. Ek sal kom in die wolke en Myne haal na `n ryk van vrede en geluksaligheid.
Ek sal die mense nie verhinder om allerlei proefnemings te verrig, waardeur hulle die bestaan van die aarde in gevaar sal bring nie. Ek sal hulle self die gevolge laat voel - hulle óf nog kort voor die einde wegroep, wat nog as `n besondere barmhartigheid aan te merke is, wat Ek vir hulle, wat nog nie geheel `n prooi geword het van My teenstander nie, ten deel sal laat val, óf dan die aanhang van My teenstander saam met hom in boeie slaan, sodat hulle opnuut, in die skepping van die aarde verban word en dus geen skade meer kan aanrig onder die bewoners van die nuwe aarde nie, en hulle daarom `n lewe sal lei in vrede en geluksaligheid, as beloning vir hulle trou wat hulle My tot op die einde toe betoon het.
U sal u nou nog nie die rampspoed kan voorstel waardeur die aarde getref sal word deur die laaste geloofstryd nie, slegs dat dit onherroeplik sal plaasvind, al is dit nogtans die laaste skandelike werk van My teenstander wat hy nog wil uitvoer in die geloof, om My heeltemal te kan onttroon en homself te handhaaf. En die voorneme besleg ook sy lot, want sy openlike stryd teen My kom daardeur tot uitdrukking, waaruit Ek as Oorwinnaar te voorskyn sal kom, deurdat Ek hom elke mag ontneem vir `n lang tyd en daardeur ook die mense op die nuwe aarde beveilig vir sy werksaamheid en is `n terugkeer na My in `n groot mate moontlik, omdat die mense al hulle wilsbeproewing wat hulle deurstaan het op hierdie aarde afgelê het en ook nog die volgende generasies in die liefde en in 'n lewende geloof in My sal lewe, sodat Ek Self onder hulle kan vertoef tot hulle aller geluksaligheid.
En met die vooruitsig op die vrede en vreugdevolle lewe op die nuwe aarde moet u gewapend ook die tyd van die geloofstryd tegemoet gaan, u moet weet dat vir u krag ter beskikking sal staan wat u nodig het om weerstand te bied in die geloofstryd en dit te deurstaan, en u moet steeds net bereid wees om My te dien, die medemens te help, `n sterk geloof te verkry, en aan almal die waarheid te laat toekom wat haar van u bereidwillig in ontvangs neem: U sal My moet dien tot aan die einde, sodat nog gered word wie homself sal laat red en na My sal terugkeer voor die einde `n feit is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205