Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE ANTICHRIS GEKAMOEFLEER AS BRINGER VAN HEIL. - MAATREËLS TEEN AL DIE GEESTELIKES
B.D.4029 - 23 April 1947
Dit is die gees van die Antichris, wat onder die dekmantel van `n verlosser na die mensetoe sal kom, maar wie se wil tog heeltemal van God afgekeer is in soverre dat hy `n God van liefde nie sal aanvaar nie, net soos hy trouens die geestelike verwerp as bonatuurlik en daardeur nie bewysbaar is en dus nie bestaan nie. En die Wese van Christus sal vir hom ook so vreemd wees dat hy nie in Sy verlossingswerk en Sy missie op aarde sal glo nie, en hy Hom daarom sal probeer voorstel as `n fantasie figuur, en alle voorsorgmaatreëls sal tref om hierdie Persoon uit die harte van die mense te verdring. Sy eie wese stem nie ooreen met die Wese van Christus nie, daarom is dit begryplik dat hy Hom as vyand beskou en dus ook sal bestry.
Die te verwagte Antichris is `n persoonlikheid wat uit die kader van die natuurlike na vore sal tree. Hy is `n buitengewone begaafde mens en sy besondere krag lê in sy plan van wêreldorde, in, sy buitengewone optrede teenoor hulle wat die verantwoording dra vir die welsyn van die volk. Daarom sal hy groot sukses behaal, want mense wil aan hom die opperheerskappy waarna hy streef, toeken. Mense verwag dat ingrypende veranderinge van hom sal kom ten gunste van die algemene, daarom sal alle wêreldsgesinde mense hom aanneem en hy sal die bevoorregte posisie uitbuit vir allerlei maatreëls. En in die besonder sal hy optree teen die gees van die bonatuurlike, teen alle religieuse organisasies ook teen die kerke of geestelike strominge wat Jesus Christus en Sy leer tot grondslag het. Want hy sal die naasteliefde dan as `n toestand van swakte voorstel wat onder alle omstandighede bestry moet word,
Wie met sy strewe instem, geld net so as Antichris, en is dus `n teenstander van God, hy sal homself ook liefdeloos gedra teenoor sy naaste en daarom ook in geestelike blindheid voortgaan, want hy behoort tot die ryk van Satan. As heerser oor vele, sal die Antichris groot oproer verwek deur sy maatreëls, wat alle menslikheid misken en slegs probeer om haat en ontevredenheid onder die mense te stig, om die liefde te verstik en die mense in grote geestelike nood te dompel.
Maar dan is die reaksie van God dringend nodig, en dit verklaar die werksaamheid van God deur Sy dienaars op aarde, want ook Hy moet op aarde herkenbaar wees aan hulle wat aan Sy kamp behoort. Hy moet dus net so op buitengewone wyse te werk gaan sodat Hy nie verwerp word nie, maar erken kan word, as die mens maar gewillig was om die regte weg te gaan; as hulle, wie in geestelike nood verkeer, hulself slegs bewustelik of onbewustelik tot die Skepper van Hemel en aarde wend, om aan Hom hulp te vra. En dan word die worsteling van die goeie teen die kwade ook besonder heftig, want die uur van die einde kom steeds nader en die skeiding van die geeste moet hulself volbring tot by die laaste dag.
En hierdie skeiding kan alleen plaasvind as die mense ernstig voor die keuse gestel word om God te erken of om Hom te verloën. Die vraag sal hulle tot `n beslissing dwing, en om dit te bekragtig, tree die teenstander van God openlik na vore, deurdat hy sy afgesante op aarde beïnvloed om maatreëls, wat 'n Godsvyandige denke verraai, te tref en deur te voer En so begin die laaste geveg op hierdie aarde, die geloofstryd, die stryd teen Christus, met die gevolg dat die mens homself nou definitief moet uitspreek:;vir of teen Hom. En dan kom die laaste oordeel, want in vrye wil wend hulle hulleself nou na God toe of van Hom af weg, en vir die vrye wil moet hulle ook verantwoording doen.
Hierdie stryd is onafwendbaar en sal duidelik die wese van die Antichris aan die lig bring. Daardeur kan die hele mensdom duidelik deur sy die denke en handelinge sien, hy wat onder die masker van `n verlosser optree om sy afskuwelike planne ten uitvoer te bring; wat openlik veg teen God en daarom weer vir `n lang tyd in die aarde gebind sal word, vanwaar hy homself nie eerder kan vry maak nie, totdat die mense hom weer behulpsaam word, en deur hulle valse liefde tot die materie, die kettings van Satan weer losser maak.
Maar Jesus Christus sal nooit verdring kan word nie, Hy sal oorwinnaar bly op die laaste dag en Sy leer sal alle liefhebbende harte vervul. Sy getroues sal Sy liefdesleer met hulleself saamneem as hulle weggeneem word, en sodoende sal ook Sy leer op die nuwe aarde as geestelike kennis hoog gehou word. Hulle sal hulleself ten volle ontplooi en daardeur sal die mense die hoogste kennis besit en in die innigste liefde tot God ontbrand. En hulle kan nooit meer deur die teenstander van God verdring word nie, omdat alle mag hom vir `n lang tyd ontneem word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205