EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 13 - 28.12.2015 om 06h20

(aan Wendy)

"My Dogter, My Bruid

Moenie moed verloor wanneer jy nog een van My toetse faal nie, jou verskeurde hart is die bewys dat jy 'n dieper les geleer het.

Ek wil julle vandag opwek om opnuut na julle lewens te kyk en om weer deur julle outomatiese reaksies te blaai op sekere situasies wat julle as gevare sien. Ek wil hê julle moet met geopende oë na julle programmering kyk en sien hoe diep die Leer van haat van My teenpool julle binnegedring het, voordat julle na My begin kom het. Wees nie ontstel nie. Dit is nou tyd om hieraan aandag te gee. My Leer is LIEFDE en moet julle eerste reaksie wees as dit nie reeds is nie.

Kom, wees vrolik My Kindertjies! Die dag van ons wedersiens is op hande! Werk met mening en maak die trompette blink! Hier kom die dae wat My profete gesien het en na verlang het! Groot is die gejubel in My Hemele! Die groot en deurdagte Dag van YAH!

So, verbind die lam knieë, versterk die rûe, want Ek kom om julle aan te voer. Wie van julle bewapen My Kinders soos hulle opkom uit die dal van verdoemenis? Kyk! Die perde begin ongeduldig rondtrap, die tyd is uitgeloop en steeds is daar hulle wie nog toegevoeg word. Die kragtigste wapen is die LIEFDE.

Kom in, kom naby, My Geliefde, My Bruid!"

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205