EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 16 - 30.12.2015 om 22h00

(aan Wendy)

"My Kind, Ek weet dat die woorde wat Ek gee verwarring saai en dit is die doel. Ek wil hê dat julle julself diep moet ondersoek, die geraamtes uit die kaste en spinnerakke onder die bed uitkry. Daar sit nog dinge in julle wat uitgewas, uitgestof en sommer weggegooi moet word. ALLES wat nie aan die twee Liefdesgebooie hang nie, is nie van My nie. EK IS LIEFDE! Ek wil hê julle moet slegs Liefde wees, slegs Myne wees. Bloed van My Bloed, Vlees van My Vlees. My innige Bruid. Twee wat Een geword het!

Wees waaksaam vir die rondloper katte wat kyk wat daar te prooi is.

Ek vereenselwig My nie met hulle wie sê daar is reëls buite Myne nie.

Kom, neem die stok en die swaard op en begin werk in die oefenkamp. Hiermee bedoel Ek nie 'n fisiese stok en swaard nie. Julle moet julle spiere begin oefen om fiks te wees vir Die Dag wat Ek julle gaan oproep. Julle sal My Stem hoor, julle wie in My geborge is en sal My instruksies moet kan uitvoer. Vra van My Krag en Ek sal jou bystaan, nou en in Daardie Dag. Wees van goeie moed, maak jou rug reguit, Ek onderrig jou en sal maak dat jou arms 'n boog van brons kan buig. EK is die Een wie My kneg Dawid geleer het om te veg, Ek sal julle ook leer. Die wapens ken julle, die tegniek moet julle nou leer, die taktiek en strategie is Myne. EK IS julle Aanvoerder!

Verwonderd sal julle wees wanneer julle sien watter kleurespel en klank daar in My Skepping is wanneer julle met My verenig het! Ek sien uit daarna om julle te neem om al My kuierplekke te sien en My rusplekke te ervaar. Luister, kan julle die klank daarvan al effens hoor? Dis soos klank van vêraf klokkies van skape wat hoog in die berge wei. Jy op die berghang moet absoluut stil word, en skielik voel jy die wind wat van die valleie af opwaai, en die klank van 'n arend wat krysend hoog draai, en die geur van vars gekneusde gras en die gezoem van bye in die veldblomme. Die bloed bruis deur jou are en jy voel skoon lighoofdig. Daardie wip in jou siel, jou gees, soos wat jy die grootheid van net hierdie Aarde ervaar; hoeveel te meer vir My Skepping. Kom na MY, My Hart, My Bruid!

Kom kry vir julle van My Kospotte in oorvloed en word versadig in My Liefde. Kom neem vir julle kelkies op en drink van My Barmhartigheid. Want EK IS met julle en Niks sal julle ontbreek nie. Wes nie besorg vir vandag of more nie, EK weet wat julle nodig het en IS julle Voorsiening!

Barmhartigheid en Vrede moet julle oral met My Liefde saam met julle ronddra. Dit sal julle kenteken wees in die dae wat kom. EK Ken Myne en sal My Vlerke oor hulle oopmaak.

Juig en jubel o Geliefde van Yahshua! Want Jou Bruidegom is hier!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205