EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 18 - 02.01.2016 om 12h45

(aan Wendy)

My Dogter, My Liefling! Hoe mooi is jou gesig, jou glimlag vol Liefde vir My! Ek wil jou in My arms toevou en naby My Hart hou sodat jy altyd bewus kan wees van MY Hartklop in jou oor. Wees oordadig lief vir julle naaste want daarin sal hulle My Liefde kan bespeur. 'n Lang suurgesig het niemand nog aangetrek nie en tewens is dit nie hoe Ek is nie! Het Ek nie gesê dat 'n fontein van borrelende vreugde in julle sal opwel nie. Waar is julle Vreugde?

Neem toe in die Gawes, bewerk julle grond en hou dop dat geen onkruid daartussen opkom nie. Wees getrou in julle arbeid en julle oes sal oorvloedig wees. Neem tog die "Liewenheersbesie" in ag, hoe vrolik die dopvlerkies is. Die motief pryk in en versier menige kinderkamers en die weersiens daarvan laat mens onmiddellik terug vliet na kinderdae waar julle tussen die lang grasse gelê het en hulle so stip dopgehou het. Het julle al gewonder hoekom hulle daardie naam gegee is? Is dit omdat dit die mens weer kind laat word en dan soos 'n kind jou aandag op My fokus? Of is dit omdat daar vir julle 'n misterie daaraan verbonde is wat na die hemelse rig, want so iets onbesoedel kan nie van die wêreld wees nie? My Skepping is vol vol van sulke lesse, sulke Liefdesbriefies van My wat Ek deur die eeue vir julle versteek het. Kom na My en Ek sal jou onderrig, die werk van My Hande aan julle openbaar.

Hoe maklik sal dit nie wees om vir julle met alles vol te prop soos 'n baba wat uitgepof in sy stoeltjie sit en te lui is om self te eet. Nee, My Kindertjies! Ek sal in My Taak as Ouer faal as Ek julle nie aanhits om self te begin eet nie. Kom kry julle Brood self vanuit My Hand. Vandag piekniek ons in die veld op die kruin van 'n lae berg. Daar is 'n groot ou koelteboom met 'n swaai, heerlike eetgoed en yskoue helder water. Kom kry My daar!

Ek Wil hê at julle My waardig moet wees, sodat julle Bruidskap kan bereik. Moenie meer ronddraai soos verwarde skape wat nie by die drukgang kan uitgaan nie. Kom na MY, Luister na die Stem van die Herder en volg MY!

Kom, neem julle Take op, die van julle wie reeds My Stem daartoe gehoor het. Nie almal het al hul opdragte gekry nie. Leer geduld. Ek is jul Aanvoerder, Ek gee die bevel.

Orde is die sentrale been van die 7 Geeste, maak werk daarvan terwyl julle nog tyd het om al 7 Geeste in balans te kry en werk ook daaraan om hulle in balans te hou. My teenpool sal alles poog om julle van balans af te gooi. Laat die 7 begin draai, spin met Orde as die sentrale punt en soos 'n giroskoop sal die beweging daarvan keer dat balans verloor word. Allereers moet die 7 in balans wees. Liefde. - Wysheid. - Erns. - Orde. - Wil. - Geduld. - Barmhartigheid. Aan die buitekant Liefde en Barmhartigheid, dan Wysheid en Geduld en binne naas Orde Erns en Wil. Kan julle die patroon sien? Sien julle ook dat die kleur Wit word? My skryfkneg is huiwerig om dit te skryf want dit klink radikaal. Alles behoort aan My, hoe weet julle dat dit nie altyd so moes gewees het nie? In My Skepping is daar Altyd Beweging! Niks is staties nie

Daar is so baie wat Ek graag met julle wil deel, julle wil leer maar julle is nog nie almal reg daarvoor nie. Kom IN MY en Ek sal jou begin onderrig in dieper sake, innige leer. Laat julle wil MY WIL word en Ek sal jou alles wys wat jy wil weet. Kom net eers In MY.

Soos Bemindes op 'n boot wat dryf op 'n lui, breë rivier wil Ek met julle tyd verwyl. Ek wil dat julle My leer ken, geliefd word en wees. Kom saam met My, Ek sal jou veilig hou.

Hou vas aan die beloftes wat Ek aan julle gemaak het, die wat Ek in jul harte ingefluister het. Ek betaal My Beloftes, hou julle oë op My, jul verwagting hoog!

EK IS, julle Myne! "

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205