EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 2 - 10.12.15 om 21h30

"Culemborg.

Dit is waar wat Ek gesê het, die skerpioene kom en wee die wat nie in My is nie. Solank as wat julle in My bewaar is, sal julle nie deur hulle gevind kan word nie. Gryp My aan! Hoe lank moet Ek nog soos 'n Moeder soebat?! Deurdrenk is julle van jul eie hartstogte, in 'n leë sirkustent dans en tuimel julle, die gejuig van skare 'n waan in jul ore. Toemaar, Ek wil troos. Kom na My toe. Vind jou standvastigheid in My, maar nee, Samon en Galmoes is hul name, die wie kastydings uitmeet.

Soos water borrelend opkom deur die grond, sal julle wie My soek, My vind. Op vrugbare grond bring My Saad 100 tot 1000 maal meer voort, as kos vir die nasies. Voed My lammers. Bewaar hulle veilig tot die Dag wanneer Ek kom. Oordadig is My Liefde aan almal wie in My geborge is.

Ek sal die hande vasbind van hulle wie My nie Loof nie. Verhef julle stemme in aanbidding tot My, loof My Naam uit die diepte van julle wese. Die ander prewel slegs woordjies.

“Mapping your church freedoms will prove how wrong you have been. HEAR Me, declares the LORD. I am coming, not in the storm or the fire, but in the soft breeze. Have the ears to hear. Beware proclamations of My arrival. I come in a manner of My choosing to delight My Beloved!”

Wees verseker van My Liefde in selfs die donkerste tye, want My Stok en My Staf sal jou lei en bewaar, daar waar julle nog nie My Stem kan hoor nie.

“Uriël, jy sal My dade verrig."

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205