EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 21 - 06.01.2016 om 21h35

(aan Wendy)

Skryf My Lief-Kind!

Pak julle boeksakke op en sit rustig op die groot kussings waar die verhale gelees word. Ek wil hê dat julle vir 'n tydjie net sit, julle oë toe maak en luister na My Stem. Onthou julle die reuk van die klas, hoe moeg julle lyfies was na 'n dag se woel en speel en leer lees en skryf? Net so woel en leer julle skrander aan julle lees en skryf, maar wil Ek nou hê dat julle net sit. . En Luister. . .

Eendag was daar 'n Koning wie oor die hele wye wêreld koning was en Sy mense was vir Hom baie LIEF! Die Koning het Sy Koningin ook Baie Baie LIEF gehad en saam het hulle regeer oor die Koninkryk. Dit het gekom dat hulle 'n Seun gehad het, en die Seun was die Lig in die Koninkryk! Hy het grootgeword en van kleins af was Hy baie Wys en Hy kon sake beredeneer met die owerstes wie reëls gewysig het na hul goeddunke. Die het hulle nie verwag nie, ook nie daarvan gehou dat hulle uitgevang is nie. . . Julle ken die verhale in die boek geskrywe. Dit was soveel soos Pretoria omgewing.

Julle dankoffer is vir My van vandag af, ons is tog op pad daarheen.

07.01.2016 om 06h00

Dit is waar dat julle reeds vêr op die Pad gekom het en Ek wil julle aanmoedig om nie moed op te gee nie. Die kruin voor julle is die laaste een en julle Tuiskoms is om die draai. Neem 'n oomblik om die natuurskoon te bewonder, want julle gaan die paadjie nie weer kan of wil loop nie. Ek het sorgvuldig elke detail daarvan vir julle berei, die klippe en rotskranse, ook die blomme, plante en bome langs die pad en die voëls en diertjies wat daar lewe. Neem dit in, dit voed en verryk jou siel as jy daaroor sou besin. Nooit weer sal jy oor die stuk pad kom nie. Gryp dit aan!

Elke aspek van jou lewe tot nou is vir jou ’n aanduiding en wegwyser na wie jy is en wat jou toekoms in My is, My Kind. Sit daaroor en besin. Laat My toe om julle te onderrig. Daar is nie toeval nie, daar is nie "per ongeluk", daar is net Ek en Ek ken jou deur en deur, en weet wie jy is en het ook geweet wat jou keuses sou wees. Kyk waar was jy en waar jy nou is! Jy sit hier na My Woorde en luister. . Hoor jy My? Luister weer, luister diep!

Ek laat My Welgeval oor My Kinders reën, die Kinders van My Huis. Wie sal My daarvan weerhou? Dit is My Koninkryk, wie sal iets vir My sê.

Daar is 'n plek vir boekwerk en leer, daar is 'n dieper, groter plek vir Luister. Luister dat Ek julle harte kan Lering gee, waarvan julle nog nooit kon dink of droom nie!

Luister!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205