EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 22 - 08.01.2016 om 03h15

(aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Daar is sewevoudige trompette wat geskal gaan word:

1 - Die Dag van Onheil is hier en kan nie langer gekeer word nie.

2 - die Tyd van Smarte is ophande en moet deurgemaak word om nog enkeles te kan red wat sal wees soos om iemand lewend uit die vuur te pluk.

3 - Die Tyd van Glorie vir die Seun van die Mens, want Sy Tyd het aangebreek en sal nie meer verbygaan nie.

4 - Die Dag van Oë voor My Meester, oë wat nooit slaap nie en dag en nag die doen en late van die mens voor die Troon meedeel.

5 - My Dag van Wraak is hier en Ek sal die nasies dors voor die voete van My Kinders, My Bruid.

6 - Die Dag van Tydings waarin die oproep tot Geloof, Hoop en Liefde uitgaan oor en in hierdie Aarde. Neem Kennis!

7 - Die Tyd van Vernuwinge is op hande. Neem sorg om al jou voorbereidings af te sluit, want Ek wil hê dat julle by My inkom.

Halelu-YAH! Hoog en lofwaardig is U ons Meester, ons Vader ons Beminde! U banier van Liefde is oor ons uitgespan. U Liefde is ons s`n vir alle ewighede en ons Liefde vir U tot in oneindighede!

 

08.01,2016 om 17h45

Hoe goed en vreugdevol is die samesyn tussen julle, My Geliefdes! Juig! Want Yahshua, EK IS, is met julle!

Ek wil hê dat julle die boodskappe van My kneg Christine moet deurdink met julle harte, en dat julle My dan kom opsoek in daardie verband. Julle sal sien wat Ek vir julle gaan doen! Wees vol Krag en Liefde!

Julle moet My nader met volle verwagting, want daarsonder sal julle niks ontvang nie.

Blaas julle asem uit en trek My diep in julle in. Ek is die lug wat julle longe vol hou, Ek is die geringste kos wat te vinde is by die armste van julle broers en susters. Ek is die veldblommetjies wat jou Pad verfraai, die Water in die put wat julle optrek om julle siele te laaf.

Kom na My, almal wat Honger en Dors het en Ek sal julle laat rus vind."

Shabbat Shalom. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205