EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 24a - 12.01.2016 om 22h00

(Aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Laat julle nie opgaar dit wat julle dink vir julle tot nut gaan wees in die toekoms nie. Niemand weet hoe die toekoms in 'n oogwink gaan verander nie. Werk eerder daaraan om julle skatte op te bou waar julle toekoms is, Hier By MY! Wat is julle skatte anders as Geloof, Hoop en Liefde! Julle linnekleed is dade van naasteliefde diens. Moenie verward raak nie, alles is baie eenvoudig. Hou slegs julle oë op MY! Ek sal jou vooraf sê wat gaan gebeur en wanneer jy vir My moet handel sal Ek jou instruksie gee. Wees versigtig om baie duidelik My Stem te kan hoor want daarsonder is jy gestrand en sal die tsunami-golf van onbeheersde woede jou oorstroom. Dit sal dan baie swaar vir jou wees as jy nog jou lewe behou. Nog altyd het Ek MY VOLK voortydig gewaarsku, gewaarsku van die resulterende straf wat oor hulle gaan kom, want hulle het afgedwaal en idole begin dien, en gewaarsku van lot veranderende gebeurtenisse. Die wie ore het om te hoor, HOOR!

Daar is hulle onder julle wie sig en of gehoor verloor het vir welke fisiese rede en hulle weet hoe erg dit is. Ek wil julle wie daarmee worstel weereens bemoedig en vra dat julle steeds in blydskap sal voortbeweeg, want hoewel julle die verlies ervaar om goed te hoor of sien, het Ek julle kon seën met geestelike gehoor en sig. Moenie meer fokus op die fisiese nie, kyk dieper, luister fyner en julle sal spesiale tydings kan hoor en sien. Julle is 'n toonbeeld vir die wêreld se blindheid en dowe ore. Daar is nie meer tyd om te tob nie, Tyd is so te om en voor julle mooi asem geskep het, is julle By MY! Watter Vreugde gaan DIT nie wees nie! Julle het julle toets deurstaan. Daar is ander wie ook toonbeelde in hulle liggame dra wat nie sigbaar is nie. Dit is tussen hulle en My en hulle ken die rede. Op die regte tyd sal ook hulle verlos word van hulle vlees

Alles, EK Sê - ALLES!! - is moontlik IN MY! Ek is ALLES en so is dit binne MY om te vermag en te volbring. Wees nie ontsteld wanneer dit nie uitwerk so wat jy gedink het nie. KYK NA MY en alles val in regte perspektief. As jy nou nog nie 'n taak gekry het om te doen nie, hou dit in jou hart en werk om nog nader aan My Vaderhart te kom. Ek belowe jou, wanneer jy moet begin, sal Ek jou sê. Daarvan kan jy gewis en seker wees. Hou goeie moed! Vir julle wie reeds take gekry het en wonder hoe dit gaan gebeur, WAG OP MY! EK IS besig in die omstandighede wat daartoe sal lei dat jy jou deel vir My sal kan doen. Wees geheel en al ontspanne IN MY!

Aan die mammas en pappas wie nog klein kindertjies het en wonder hoe hulle in die skokkende gebeurtenisse gaan kan oorleef en grootword, - onthou Wie se Kindertjies hulle werklik is. Ek weet hoe om na Myne om te sien. Plaas julle HEELHARTIG vir hulle in My Sorg. As Ek jou die vraag moet stel, "wat sal jy antwoord as Ek jou kind van jou wil hê?" Hoe sal jy antwoord? Sal jou eerste hartsoomblik gedagte wees "Ja my Meester, doen aan jou kneg soos U Wil" sal julle die toets geslaag het. As julle histerie voel opwel, gaan dink weer en ondersoek jou hart. EK IS dan nog nie jou Eerste Liefde nie. Ek SAL geen ander gode voor MY duld nie. Dieselfde kan gevra word oor jou eggenoot, ouer, materiële goedere. Gaan kyk mooi, maak skoon voor My! Ek is Barmhartig en neem jou aan in jou ootmoed.

Dit is Goed en Reg om julle tyd aan My te wy. Waar julle nog vasgeval is, rig jul versoek tot My vir uitkoms en wag dan met hoe verwagting vir die veranderde omstandighede. Sien My daarin raak, want dit kan dalk op 'n onverwagte manier gebeur wat nie heeltemal genotvol sal wees nie. Gaan nou reeds na die innerlike en weeg alles in jou lewe op voor My. Ek sal jou wys waar daar nie balans is nie en waar verandering moet gebeur. Wees vlytig in julleself en maak werk daarvan. Tyd is MIN!

Wees versterk in julle innerlike, moenie vergeet om daagliks tot My te keer en daarvoor te vra nie. Ek gee mildelik aan almal wie vra, van My Krag, My Wysheid en My Liefde! Nader ook tot My Gees van Waarheid en Sy sal julle leiding en lering gee. Ek sal jou nie verkeerd lei nie, Ek sal jou nie laat val nie! Glo in MY, Vertrou MY!

Elke siel wie Lig kortkom, sal Ek Lig stuur sodat hulle verheldering sal ontvang. Bly in die Lig en My Ligwesens sal jou bedien van Waarheid en Insig. Laat julle harte in "ontvangs" wees sonder enige kritiek. Vra vir leiding en Ek sal jou bevestiging gee op 'n manier wat jy sal weet dit is EK. EK IS Getrou en die Beloner van hulle wie My getrou bly soek.

Wees nie enigsins bevrees nie, ook nie bekommerd oor die dag vanmôre nie. ALLES, ALLES is IN MY HAND!

EK IS LIEFDE, EK IS julle VOORSIENING! ! !

EK IS!" Amein!

 

Nr 24b - 12.01.2016 Om 23h20 (Aan Wendy)

"Skryf weer, My Dogter, My Lief

Ek hoor die vrae in julle harte oor hulle wie reeds, sommige vir jare al voorberei aan lewensmiddele en dit wat nodig sal wees om te oorleef tydens en na die Dae van Onheil. Hulle het gehandel volgens My Instruksie en is nie aan te raak of te kritiseer in hulle gehoorsaamheid aan die Stem in hulle binneste nie. Sommige het die Stem as Myne herken en EK IS met hulle, ander het in ’n vreesgevoel begin om bymekaar te maak wat hulle kon. Onthou My Woorde, EK IS in Beheer van ALLES! Selfs hulle wat uit vrees vir hul gesinne en of hulself begin werk maak het van die bewuswording van naderende Onheil, het dit In My Wil begin doen. Die gevaar vir hulle is dat die vertroue in die fisiese voorbereiding kan wees. Dit is 'n baie groot en potensieel fatale fout, want ALLES is in My Hand en Ek kan dit in 'n oogwink wegneem.

Vir almal is My Woord, HOU JULLE Oë OP MY! Kleef My aan wanneer julle klein en hulpeloos voel, julle gewig is niks vir My nie. Ek dra jou IN LIEFDE.

My Kinders, sommige van julle loop al reeds die lang Pad met My, moet nie ontmoedig word nie. Moet nie fokus verloor nie. EK IS julle Vader, EK IS julle Losser, Ek is julle Beminde!

HaleluYAH! ! ! HaleluYAH! ! ! HaleluYAH! ! !

Amein!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205