EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 28 - 18.01.2016 om 18h20

(Aan Wendy)

Alle dank, HaleluJAH! Groot is ons Meester en Koning. Welgevallig is Hy tot in Ewighede!! Geloofwaardig en Apartgestel is U, YahWeH, Heerser van die Skeppingsmag!

"Skryf vir My My Beeldskone Bruid sonder weerga!

Rein moet julle wees, My Bruid. Ek kan nie kom na 'n Bruid wie nog nie Apartgestel is nie, wie vlekke en skeure in haar kleed het. Kom na My Gees van Waarheid, sodat Sy jou onderrig kan gee, hoe om te maak en waarvan om weg te bly. Slegs 'n nederige hart en ’n leerbare siel sal Sy kan onderrig. Daar is min tyd, maak gou en luister fyn na Haar woorde.

Salig is hulle wie Rein van hart is, want hulle SAL My sien!

Gugulethu. Die put van die hel het daar oopgegaan. Dit wat daar uitborrel gaan in die inwoners in, en daar broei groot onheiligheid daar uit.

Die hitte wat oor die land getrek het sonder reën, het sommige laat wonder of daar ooit weer lafenis vir julle sal kom. Ek hoor die gebede van My Kinders en sal beide fisiese en geestelike, hemelse reën laat val om julle. Julle harte treur oor plant en dier in julle sorg, My Boere en wil Ek julle bemoedig om te onthou dat alle materie vorentoe beweeg en vir die lyding wat hulle moet deurgaan, die sieledele ryklik voordeel daaruit sal trek.

Die Duif is 'n teken van My sorg en onderhouding van julle, My Bruid. Nooit is julle alleen, verlate, verstote en sonder heenkome nie. Ek weet hoe om na Myne om te sien, wie sal My kan verhinder?!

Groot en Verhewe is My Weë bo die gedagtes van die mens. Wie kan sê, "Wat maak U?"

Neem geen sorg oor die dag vanmôre, wat julle sal eet of wat julle sal drink of aantrek nie. Alles lê in My Hand en Ek sal dit wat julle nodig het mildelik oor jou uitgiet. EK IS jul Voorsiener!

Om 'n blomtuin aan te plant en te versorg neem beplanning en aandag, nougesette werk in ontwikkeling van kleur en geure, skouspel vir My prag voëls en insekte waarsonder die tuin sal treur en doodgaan. Kyk bietjie hoe julle tuine vaar. Is daar suikerbekkies wat jou tuin kom besoek? Glasogies wat die plante skoonhou van peste, bye wat heuning neerlê in korwe? Alles is geïntegreer in 'n tuin. Is jy so met My geïntegreer?

Kom My Liefling, My Bruid! Maak van elke geleentheid gebruik om jul kleed te verfyn, jul tooisels selfs mooier te maak. Asemrowend is My Bruid, My Vrou!

Sowaar as EK LEEF en hierdie generasie geroep het om in My Diens te staan, gaan dit wees soos in die dae van Moses toe Ek die wederstrewiges laat sterf het in die Wildernis. EK SIEN en HOOR ALLES, ook die woorde in jul harte. Ek deursoek die niere van hulle wie sê dat hulle My dien. Niks is vir My verborge nie. Moenie dink julle kan huisgode onder julle slaapmat in jul tente begrawe en dat Ek dit nie sal sien nie! Daar MOET Reinheid in My Kamp wees!

Groot is My Genade vir hulle wie in ootmoed voor My kom buig. Ek sal julle skoner as die witste wol was, al was julle skarlakenrooi. EK IS YAH, wie sal My verhinder in My Besluit?

Geloofwaardig en Getrou is EK, bou julle fondamente op My, Die Rots van die Eeue! Niks kan julle daar verroer nie, niks kan julle voete onder julle uitslaan nie, want EK Lig jou ver bokant die golwe uit!

Kom stap die voetpad saam met My, Ek wil julle wys waar die uitkykpunte is, waar julle oor die valleie kan uitkyk. Die pad is hoog op en in warm sonlig gebaai. In die valleie begin die mis deur die bome en klipskeure trek en versamel in die laagtes en kuile. Ek het julle daaruit gelei en hoewel die pad gekronkel het en klipperig was, het julle nou kon sien hoe vêr julle al gekom het. EK IS Getrou aan hulle wie na My uitgeroep het, en wie die Weg vasbeslote aangepak het. Julle moedigheid het My Hart vermurwe en sal Ek hemel en aarde verskuif om jou uit te red, wanneer jy My aanroep. Wees versterk en bemoedig in dit wat julle hier sien. Die Weg gaan soms langsamerhand na Bo, en soms is daar rotswande wat julle moet opklouter, Julle is in die Lig, bly in die Lig sodat die mis julle nie oorval en julle verstikkend ronddwaal sonder om die Weg na Bo te vind nie. Die noodkreet vanuit die hart na My, julle Vader, sal My altyd oor die Berge na jou toe bring. Soos 'n hert beweeg EK en verloor nooit My balans of voeting nie. EK IS jou Redder, jou Losser. Magtig om te red! Wie sal My keer?!

Salig is hulle wie arm van gees is - EK IS JULLE ALLES, en niks sal julle ontbreek nie!

Wees die Skape van My Weide!

Luister na My Stem!

Doen My Take!

Word Liefde!

Bemin My, Jou Man!

Wie weet hoe lank die dae gaan draal waarin julle jul laaste voorbereidings klaarmaak? Niemand hier weet, nie eers die engele nie. Op die Regte Tyd sal Ek ingaan by elk van My Dogters wie hard gewerk het om My Bruid te kan wees, hulle wie sonder vlek is. Rein van hart en geklee in die pragtigste, skitterwit linne Bruilofskleed, getooi deur Moeder, van Waarheid bedien en daarop Ag, geslaan, asemrowende gestalte het My Bruid! Apartgestel en Verhewe! Geheel en al Lieflik!

Groot en Uitermate Goed is My Plan vir julle, bly in My Weë. Doen My Take, volbring My take!

Kom, My Bruid, My Liefling!

Kom!" Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205