EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 30 - 22.01.2016 om 06h15

(aan Wendy)

Die ou Engelse "hymn" - "Be Thou my vision, Thou my delight! Naught be all else to me save that Thou art. Thou and thou only by day or by night, waking or sleeping my Treasure Thou art!"

Skryf My Liefling, My Bruid

Ek bemin jou met Ewige Liefde en sal jou nooit, nooit laat gaan nie! Deurstaan hierdie laaste paar toetse. Ek ken die rede waarom Ek nog nie by jou besoek afgelê het nie. Wanneer julle weet, sal julle straal van blydskap dat Ek gewag het. Wees vol goeie moed, alles sal wees soos dit moet, EK is GETROU en sal doen wat EK gesê het.

EK IS LIEFDE en waar EK is, is My teenpool nie.

Wees geduldig met My lammers, versorg hulle. Ek is binnekort daar en sal dan self tot elkeen van hulle praat. Die Tyd het uitgeloop en My aankoms is op hande.

Wees versterk in julle innerlike, leer om Krag van My te vra wanneer die boosheid julle uitmergel. Dit is deel van die laaste toetse. Staan op, My Kind! Jy is KIND van Die Huis! EK HET die Wêreld OORWIN!

Ek sien die Einde van die Begin, en Ek het dit al vir julle vertel, dit wat kom. Julle, My Kinders sal nie onverwags oorval word nie.

Hoor die stem van die bokmakierie, sy fluit vanuit 'n rotsskeur. Neem kennis van wat in die natuur aangaan. My Skepping weet wat voor die deur staan. Let op, leer om saam met die natuur te beweeg, want sy is in verbinding met My. Hierdie Aarde kreun, in barensnood is sy. Die pyne kom al meer opmekaar!

Helder Son skyn op My Kinders neer. Soos sonlig tot goeie gesondheid is vir My Skepping, so moet My Kinders hulle in My Strale baai. Daar is geen siekte of boosheid wat naby My Lig kan bestaan nie. Donker vlug van Lig, soos vrees voor My GEES. Voorwaar, Ek sê vir julle; GLO en vir julle sal OOPgemaak word!

Wees bedagsaam en bedag op My, word omvorm tot Liefde! Moenie dat die Wêreld en die gesante van My teenpool julle beroof van julle kroon nie. Bid tot My en Ek sal vir julle diep, onverstoorbare kalmte gee. Asem In, Asem uit. Fokus op MY. Julle moet die wêreld beïnvloed, nie andersom nie. Staan op! Julle is Kinders van Die Huis!

Aanmatigend is hulle wie dink dat Ek op hul musiek dans, Ek by hul planne sal inval omdat hulle sogenaamd "in My naam" bid. Hulle koggel My met hul woorde, hul gedagtes en hulle gaan hul fout agterkom wanneer dit te laat is vir hulle. Wie dink hulle is hulle, wie dink hulle is EK? EK IS HEERSER van die HEELAL, SONDER BEGIN of EINDE, ALMAGTIG, VERTERENDE VUUR, EWIGE LIG, LEWE in, van en tot ALLE EWIGHEDE, LIEFDE ondeurdringbaar. . . Wie is hulle?

Ek wil julle vertel van die Liefdesbed wat Ek vir Ons ingerig het. Dit het die fynste linne op en van geurige hout gemaak en versier met die beste en mooiste gesteentes. Die behangsels is wasig en roer in die briesie wat inkom van die Tuine daarbuite. Die smaaklikste en fynste kosse is uitgestal, keurig en mooi versier. Die uitmuntendste wyn is vir ons uitgegiet in bekers, spesiaal vir die geleentheid gemaak. . . Die oomblik sal nooit weer herhaal word nie, die oomblik wanneer Ek by My Beminde, My Bruid sal ingaan!

Laat julle nie van stryk af bring nie, laat niks julle oë van julle doelwit afneem nie! Soos 'n atleet slegs die wenpaal sien, moet julle ook net vir My so sien. . EK IS julle WENPAAL, EK IS die PRYS. Doelgerig en gedissiplineerd moet julle strewe om die wedloop met sukses af te lê. Werp alles in die stryd, julle sal nie teleurgestel word nie. EK IS DIE WEDLOOP, EK IS DIE WENPAAL, EK IS!

Uitgelate, soos kinders moet julle baljaar in die Reën wat Ek om julle laat val. Julle jubellag sal helder en duidelik oor die vaal, stowwerige landskap uitklink en hulle bring wie nie meer kan onthou hoe om te lag nie.

Karige meubels was daar in My Boervolk se huisies na die laaste vryheidsoorlog, erg verlate het hulle gevoel na die verraad van "volksgenote" en die Efraim se nydigheid. Ek betaal terug wat aan My Volk gedoen is. Moet julle nie daaroor bekommer of julle daarmee ophou nie. Die oortreding was teenoor My.

Mense se lewens is soos seepbelletjies, die wonder en plesier hou net so lank, dan gebeur dit dat die belletjie bars en hulle sit dan met seepsmaak in die mond, brandende oë en ontnugtering. Netso is die lewe wat My teenpool aan mense voorhou. Die droë winde en doringtakkies wat dit laat bars, is deur My gebring, want Ek Wil dat julle eerder die ontnugtering hier deurmaak, waar julle tot My kan roep en Ek julle spoedig kan help, as wat julle in die hiernamaals met skok gaan agterkom dat alles wat julle geglo het, 'n vervalsing was, soos wat 'n seepbelletjie kleurvol in die sonlig julle verwonder het, net om in jul gesigte te bars.

Tot tyd en wyl dat daar nog nie die duidelike gebeurtenisse, soos deur My aan julle gegee is, sigbaar is nie, moet julle nie dink dat daar niks aan die gang is nie. Die wiel is reeds aan die draai en My teenpool weet dat die tyd vir hom ook haas verby is. Vir 2000 jaar wag Ek hierdie tyd af en dit is nou HIER. Hou goeie moed, wag vir My instruksie. Ek het reeds My Plan in werking en hulle wie reeds My take ontvang het, is in plek en hul wag op My Woord.

Groot en Barmhartig is My LIEFDE vir My skepsels. Dit wat kom, gaan almal kans gee om gouer tot My te kom. Aan My kinders is hul wil teruggegee om daarmee vir My te kies of nie. Hul onkunde van die Sieleleer is deur My teenpool bewerk en maak hul nie minder daaraan onderhewig nie. Verseker sal elkeen met Waarheid konfronteer word en hul reaksie op Haar sal hul toekoms bepaal. Die Liefdesleer is 'n struikelblok vir hulle wie nie in die gloed van My Liefde kan staan nie. Daarvoor is daar nie verskoning nie. Almal wie My Stem hoor, hoor LIEFDE.

Wees werksaam in Liefde, wees deurdrenk van Liefdesdade en julle SAL die vrugte daarvan pluk.

Kom, wees leerbaar en getrou aan jul onderrig deur My Gees van Waarheid. Sonder die Verglansing het julle nie kans nie. Wees gevul, wees deurdrenk, wees ontbrand!

Kom My Bruid! Kom!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205