EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 37 - 03.02.2016 om 06h20

(aan Wendy)

Skryf My Liefling, My Bruid

My kinders Ek wil dat julle skrander werk aan julle self, Ek het dit nou al 'n paar keer vir julle gesê. Wees bedag dat julle nie fokus verloor nie, want hierdie is 'n toetsing wat jy eenmalig sal slaag of te lig bevind kan word. Daar is nie 'n "oor skryf" of hereksamen nie. Soos wat My Moses sy toetsing gefaal het en julle slegs van die Berg Nebo kon sien, so sal julle ook nie uit die wildernis in Kanaän ingaan nie. Hierdie is 'n maak of breek situasie en Ek wil hê dat julle nie onder 'n waan verkeer nie. Bruidskap is die "ultimate" soos julle sê, en nie almal sal dit behaal nie.

Hoor My Lied vir Jou, My Liefling! Kan Jy dit voel bruis in jou are?

Wie is hier soos My Nehemiah? Wie treur soos My Ezra oor My Volk? Wie huil saam met My Hart vir die verlore skape van IsraEl? Sit julle oor teen My Bors en word stil...wag. Soos die geraas van die vlees verder wegskuif, sal julle My Hartklop begin hoor. As julle daar bly en dan My Skepping werklik gewaar, sal julle sien daar is harmonie met My Hartklop. Kom so in harmonie met My.

Kom doop julle in die Jordaan en was die wildernis van julle weg. Regdenkend van die Hart sal julle s’n word.

Kom, loop die Pad van Verlossing, word die Redding vir ander, My Bruid. Dit is waar dat julle die Bron gaan wees van die Wet en Geregtigheid. Nasies sal na julle kom, julle sal aan die some van julle kleed gegryp word om hulle wie honger en dors het na My toe te bring. Soos My Volk in Kanaän die Weg na My moes aanwys, so sal julle, My Bruid, hierdie rol met sukses volbring. Ek IS die Weg, die Waarheid en die Lewe. Alles buite My is DOOD.

Kyk na jou hand, jou lewe en die verloop daarvan staan daarin geskrywe. Net Ek ken elke asemteug wat daarmee saamgegaan het, elke teleurstelling, elke oomblik van geluk en vreugde. EK KEN JOU. Geen "waarsegster" kan jou vertel waar jy jou hart verloor het nie, wanneer hy in klip verander het nie, of wanneer Ek My Water daarop begin gooi het nie. Sy sal ook nie vir jou kan vertel watter skatte Ek in jou verberg het nie, skatte wat Ek gaan uithaal en vir jou wys wanneer jy volledig Myne is! Dit gaan vir ons albei heerlike opwinding wees, Julle verbasing sal My met genot vul. My Liefling, hoe verlang Ek na Jou!

Gee ag op wat My Profete gesê het oor die weer en natuurgebeurtenisse. Vir hulle wie net na die fisiese gebeurtenisse kyk, sal hulle sterk aanduidings hê van hoe en wanneer eskalering sal gebeur. Ek maak die prentjie duideliker en sal aan hulle insig skenk. Wat daarna sal gebeur, is vir hulle redelik duister en dit sal so bly, tensy hulle hulleself in daardie besef na My wend vir antwoorde. Ek is Barmhartig en sal almal antwoord wat tot My nader. Soos in die dae van My dissipels, toe Ek nog met hulle was en Ek vir hulle gesê het daar is baie kennis wat hulle nog nie kan vat nie, is dit ook nou so. Daar is hulle wie My in diep Liefde soek en dien, My Stem hoor en daarvolgens handel, maar hulle het nie nou die kapasiteit vir die dieper leer nie. Wees bedag op en vir hulle, want Ek sal hulle baie vinnig inlei en dit aan hul openbaar wat nog ontbreek. Ek KEN die Skape van My Weide, vertrou op My!

Daar is niks, nie diepte of hoogte of breedte of vêrte wat jou kan skei van My LIEFDE nie!

Salig is hulle wie in onbewustheid van die werking van My teenpool kan leef, hulle vir wie hy nie meer die reg het om hulle te teister deur hulle vlees nie, want hulle het die vlees afgesterf. Hulle het dan waarlik soos kinders geword.

Desondanks die jare in die woestyn, die daaglikse wonderwerke wat Ek gedoen het vir die kinders van hulle wie deur die Rooi See gegaan het, wie die plae aanskou het en by elke dag se voorsiening aangesit het, het hulle in die woestyn beswyk. Julle het al gewonder hoe dit moontlik kon wees? Ek het dan tog Self na hulle vanuit My Hemele gekom om met hulle ’n verbond te sluit! Dit wat Ek aan Moses gewys het, die Tempeldiens, die wette, die verordeninge was omdat hulle nie by My sou bly nie. Ek het dit van die Begin af geweet en My Moses het dit gesien en verstaan. Die Redding van My Volk moes vir julle, My Bruid, die toonbeeld wees, die padgids wees, sodat julle by My kon uitkom. Die uiterlike Eksodus is die pad na die innerlike daarvan. ALLES is GEES! Kom NA MY! 

Hoe kry mens die Reguitlyn op of oor enigiets wat julle teëkom? Yahshua, EK is die Loodlyn. Leer om die Loodlyn reg te kan aanwend en jul vrae en dubbelsinnighede sal verdwyn. Hoe kry julle die Loodlyn? KOM NA MY! Ek sal julle reg wys, Ek sal julle die regte koers gee. Ek sal julle in jul geheel versorg, want EK IS die Man, Besitter van jou siel.

Kom dans met My, My Liefling, My Bruid! Daar is hemelse musiek aan die speel en Ek wil dit graag met jou deel. Styg op, op vlerke van die arend en KOM NA MY!

 

Daar is oomblikke vir julle oor om klaar te maak. Wees gereed, Ek kom jou haal!

"Welgeluksalig is hulle wie na My gekom het in die dae wat Ek te vinde was, want Ek het hulle harte gehoor, hulle honger en dors versorg en aan hul klere gegee. Ek het by hulle ingegaan en 'n maaltyd saam met hulle geniet." Dit gaan die woorde wees wat aan hulle gesê gaan word wie voor die toe Deur te staan gaan kom. My Geliefde is Myne, en EK is Hare! My Banier oor Haar is LIEFDE!!

Groot en Geloofwaardig is My Woord, want Ek sal dit volbring! Die beloftes aan die vaders gedoen oor hulle nakomelinge sal Ek nakom vir My Naam se onthalwe. EK IS ALTYD dieselfde, by My is GEEN verandering nie. Vir julle, My Bruid, is die beloftes gedoen.

Geloof sy en Waar dit is wat deur die profete aan julle gegee is. Soos wat die uittog uit Egipte beduidend vir julle was, is ook alle ander Skrif nou vir julle. Kom vra My om julle sig oop te maak, julle ore horend en Ek sal julle die Verhaal der verhale vertel. Kom sit by My Voete, My Kindertjies sodat Ek julle kan vertel!

Genade en Barmhartigheid is daar vir almal wie My in hierdie laaste sekondes aanroep! Kom gou, moenie nog draal nie! Julle het amper jul kans verspeel, die Kans der kanse. Kom My Kinders, roep My NOU aan!

My Bruilofskleed, my Vader, het ek van U Hand ontvang! U is die Redder van my siel, My Meester, U is dan ook my Man! Hoe sing my hart tot U, my siel dans in HalleluYah-lied! Mooi en sterk is U, getooi in U Bruilofskleed, hartverwekkend Mooi. U sing vir my U Lied van Liefde en Trou, van toekoms-Ewighede van Skeppingsdade. U is myne, Ek BEHOORT AAN U!

Soos die wind begin optel voor die storm, wanneer die "stilte" verby is, so is dit nou My Bruid. Julle gaan die boomtakke sien swiep en buig, blare gaan verby jul gesigsveld waai. Julle is knus in My verberg, niks sal julle aanraak nie.

Julle is Myne, Ek is Getrou en sal julle Beloning wees, julle wie die wêreld verloën het vir MY! Ek is Lief vir julle, hou uit! Ek is Hier!"

Amein

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205