EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 38 - 04.02.2016 om 11h30 aan Wendy

Skryf My Liefling, My Bruid

Ek wil dat julle deur jul selfondersoek onthou dat EK julle van Ewighede af KEN, moenie moedverlore raak en wil tou opgooi oor die paar dingetjies waarmee julle nog sukkel nie. Kom net na My daarmee en Ek sal jou help. My skryfkneg het Ek gehelp om suiker en toe koffie en later aartappels te los, sy het geen smaak daarvoor nie. Net so sal Ek vir julle ook geen smaak oorlaat vir dit wat julle voete nog verstrik nie. Ek ken alles van die Begin af, en het geweet ons sou ook hier wees. Kom na My, My Bruid, net Ek kan jou help.

Wees nie bevrees dat julle dalk nie die paal sal haal nie, julle wie julle harte verskeur ten aanskoue van jul swakhede nie. EK IS jul Redder. Ek het julle losgekoop. Julle wil kom in lyn met Myne, Ek weet wie My Bruid is, en het die Vuur in hulle aangesteek.

Loof en Prys die NAAM van JAHSHUA, ons Beminde! Welriekend en Wonderskoon is Sy Nabyheid, Sy kleed van fynste linne en goud. Juig My Siel, jou Beminde is HIER!

Genieting en vreugdes van die vlees sal julle weghou van My. Wees gefokus om hierdie tyd aan My af te sonder, My Liefling. Daar is baie wat Ek julle nog wil vertel , julle wil wys. Die tyd is min, maak oop jul geestesoë en sien die nabyheid van die Tyd van Toetsing. Waardig en Geloofwaardig is EK. Julle wie My uitverkies het bo enige ander, SAL My BEËRWE!

Genesing is in My Vlerke, kom na My toe met jul kwale, jul wonde en Ek sal julle genees. Moenie in moedelose gate verval nie, hierdie Tyd van Skoling is amper verby. Die "gradueeringsdag" is op hande. Soos die lewe van 'n student handomkeer verander wanneer hul klaar met studies is en begin werk, so gaan dit vir julle wees wanneer julle "afgestudeer" het. Die blye opgewondenheid is 'n sweempie van dit wat My Bruid ervaar in haar afwagting op die tye wat kom. Nie oor die pyn en ellendes wat die mensdom gaan oorkom nie, maar dat Sy IN MY gaan wees en doenig gaan wees om die verlore skape na My te bring.

Om My Naam ontwil het Ek die oorblyfsel in My Oog gehou, die belofte wat Ek aan julle voorvaders gemaak het. Moenie julself waardeloos skat nie, EK is die Een wie werklik julle waarde ken, want julle is Myne. Kom weg van daardie denke af, dit was reg vir die tyd waarin dit neergepen is, maar nie vir nou nie. Nou is dit die Tyd van die Bruid!

Jubel, o Dogter van Sion! Juig julle in Jerusalem! Jul Koning Het Gekom! Blaas op die Ramshorings, laat julle stemme opstyg soos 'n lofoffer, want Die DAG het gekom! HALLELUJAH!

My Bruid, skud die linte van jul tamboeryne uit en kom voor My in sang en dans! Lofliedere sal op julle lippe wees, My NAAM sal nie daarvan verdwyn nie. My Geliefde is Myne, en EK IS Hare. My Banier van LIEFDE is oor HAAR!

Julle moet die boodskap begin uitdra dat die Tyd om is, hierdie bedeling waar Ek te vinde was vir enige een wie My sou aanroep. Dit sal weer wees soos dit was voor die Trooster, My Gees van Waarheid na julle gestuur is. Roep My aan terwyl Ek nog te vinde is, sodat Ek jou kan antwoord, jou kan red vanuit die moeras van jou lewe en jou voete op die Rots plaas. Hierdie uitnodiging wat vir 2000 jaar geldig was, gaan verstryk. Laat hulle wie ore het om te hoor, dit hoor!

Hou julle hande omhoog in aanbidding en jul oë op My, EK IS Aleph Tav, Begin en Einde en SAL julle in My verborge hou terwyl die storms oor jul koppe donder. Laat julle harte nie bevrees wees nie. Soos 'n duif in die nes moet julle wees, glad nie verstoor of verskrik nie. Al hierdie dinge moet gebeur sodat die Sabbatsrus kan begin.

Ek is julle Heil-land, jul plek van Lewe, VREDE en VREUGDE. Plaas My op My Regmatige plek en alles sal binne My Orde kom.

Kom neem en eet van My Spyse, dit is vir julle tot gesondheid en Lewe. Dit wat julle jul in verlustig in die vlees lei tot die dood. Laat staan julle grille en verskonings. Daar is nie meer tyd daarvoor nie. Ek Wil julle in My Arms toevou, julle aan My Bors vasdruk.

Genade onbeskryflik Groot is daar vir ELKEEN wie My aanroep. Roep my aan in die Dae waarin EK nog te vinde is en Ek sal jou rus gee.

Die geknakte riet sal Ek nie afbreek nie, die smeulende kerspit nie uitdoof nie.

Maak julle moed bymekaar en kom na My, Ek wag om aandag aan jou saak te gee. Sonder voorbehoud hoor Ek elkeen se hart en antwoord jou. GLO IN MY.

My Bruid, My Liefling hoe pragtig is Jy in die vroeë moredou! Neem jou gerf en gaan bak 'n Brood vir My. Gee vir My om te eet dit wat jy met hande berei het. Laat jou LIEFDE vir My die Brood versoet. Sag en Hemels is die warm binnekant, die room en sagte vye daarmee saam. Hoe smaaklik, hoe heerlik is die maal om saam met Jou geniet!

HalleluJaH! Groot en Magtig is JaH, ons Elohey. HY IS Skepper en Heerser van die Heelal. HY IS My Beminde en EK IS Syne! Gedug is U en Leidsman van U Volk. My Koning, My Meester. . . U is ALLES wat ek het en ooit wil hê. Sal U by my die avondmaal kom eet?

My Bruid, My Bruid, hoe graag wil Ek dit doen, maar wag nog net 1 oomblik, net 1 oomblik, die tyd is amper "NOU" . . . EK is HIER. Ek KOM.

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205