EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 39 - 07.02.2016 aan Wendy

Skryf My Liefling, My Kind

Dit is nie so seer dit wat julle nog nie het nie, maar dit wat julle nog aan vashou wat julle van My skei. Ondersoek wat julle nog in die hand het, die verrotte denkwyses en herinneringe van onregte en dit waarvan julle beroof is. As jy weier om dit te laat gaan, jou hande te was in My Helder Water, sal jy nie dit kan aanneem wat Ek vir jou het nie.

Voorwaar Ek sê vir julle daar is min wie die fokus en deursettingsvermoë het om die werk te doen wat Ek van julle vra, nou en later. Daar is van julle wat julself as Bruid sien maar dit nie kan wees nie. EK KEN JOU, My Lief-Kind en weet wie jy was in die voortyd en nou, weet Ek ook wie jy is na die Tye van Toetsing.

Kom na My en Ek sal jou vrae beantwoord. Daar kan slegs 144 000 wees en die lewe gaan nie 'n partytjie wees nie. Julle, My Bruid, gaan die ergste en vieslikste sien en deurgaan, om Ons Kinders daar te gaan uithaal waar hulle vasgeval is. Julle sal veilig in My geborge wees, daar sal geen vrees julle kan aanraak nie. Wees duidelik oor die Werk van die Bruid, die Werk van die Vrou. Moeder se fokus IS die Kind, is jou fokus daar?

Grond kan julle nie besit nie, kom weg van daardie denkwyse. Die grond en alles daarin en daarop is MYNE. Julle is as bewaarders daarvan aangestel, inderwaarheid het julle jul wil teen Myne verset en julself hoog gewaan as Eienaar. . . Verstaan mooi, Ek is Die Skepper, Die Heerser en ook Die Eienaar. Dieselfde geld vir julle ander materiële klater-vodde. Alles hier is gemaak om verganklik te wees, dit is deel van My Verlossingsplan. Kom in lyn met My Wil, My Orde en Ek sal dit aan julle openbaar wat nog moet kom.

Almal van julle, My kinders het 'n rol gehad, 'n Ewigheidstaak gehad voor My Verlossingsplan in werking gekom het. Verskillende take op verskillende vlakke. Ek ken elkeen by jul Voor-Name, ook julle huidige name, ook wie julle werklik is. Soos wat julle hierdie boodskap lees, weet Ek julle harte is vermurwe. Ek wil hê dat julle na My toe moet kom, slegs Ek kan julle troos en julle die hoekoms en waaroms vertel. My skryfkneg se hart is seer vir julle, sy weet daar is die van julle wat graag Bruid wil wees, maar julle harte deins terug vir die werk wat vorentoe gedoen gaan moet word. My Lief-kind, jou sagte gees sal nie die pynlike en verwringende toestande wil deurstaan nie en is jou terugdeins juis vir jou die sleutel tot wie jy in My is. Ek het vir jou ander Werk, werk wat jy met jubelende hart vir My en jou broers en susters sal verrig.

Vir julle wie met lang tande, of glad nie My Woorde aanvaar nie. Verklaar julle vir My hoe julle gedink het My profesieë oor My Bruid, voor My koms op aarde gaan werk? Sommige sukkel nog om die leuen, deur die wêreldstelsel aan julle verkoop, bymekaar te kry met dit wat Ek aan julle openbaar. Hoor mooi, die "kerk" is nie My Bruid nie. Hulle wie Ek sal kies is doelmatig daarop gerig om apartgestel te leef, hul kleed skoon te was, ekstra olie bymekaar te maak. Klink dit soos die "kerk", die drek wat nou in daardie moeras aangaan? Dit is nie te vergelyk nie! My Bruid se oë is slegs op My. Kyk mooi waarin julle glo. Gryp die toue aan wat na julle uitgegooi is, om julle te red uit die moeras. My Kinders, moenie vergaan tussen die drek nie, KOM UIT! EK SAL JOU skoonmaak. Daar is Kos en Water en Rusplek. Kom Na MY! In die tweede diktaat aan My skryfkneg was daar 'n deel in Engels, dit was spesifiek om uit te staan, sodat julle wie nie My Woord wil aanvaar nie, kennis sal neem. (Dit lui as volg: "Mapping your church freedoms will prove how wrong you have been. HEAR Me, declares the LORD. I am coming, not in the storm or the fire, but in the soft breeze. Have the ears to hear. Beware proclamations of My arrival. I come in a manner of My choosing to delight My Beloved!" ). Vir julle wie al begin wakker word het en afgestoot is deur die verbastering wat in die "kerke" aanvaar word, maar julle kry nie "vat" aan die Liefdesleer nie, ondersoek wat julle glo in die Lig van Liefde. My Liefde kan julle nie begin om te verstaan nie, vra jouself dus die volgende vrae af:

1) JaHweh is Liefde, suiwer LIEFDE: Waar pas haatdraende oordeel in JaHweh se Wese in?

2) JaHweh is Lig, suiwer LIG: Waar pas die vrug van Duisternis by Sy Wese in?

3) JaHweh het ALLES geskape, dit het uit Hom uitgegaan. Dit volg dan dat Hy alles weer met Hom sal wil verenig hê. Hoe pas die verhaal van Die Verlore Seun in die prentjie in. Alles het dan tog 'n deel van Hom in?

4)JaHweh het Adam geskape na Hul beeld en gelykenis. JaHweh het Adam aan die slaap gemaak en Eva vanuit hom gehaal. As JaHweH slegs manlik is, waar kom Eva vandaan? Adam en Eva is dan 'n beeld van die Hemelse.

5) Hoe lank is 'n Bruid dan Bruid? Net totdat Sy verenig het met Haar Man. As My profete dan van My Bruid praat, hoe dink julle gaan Ek met haar verenig? Ek het vir 40 dae na My Opstanding tussen My mense rondbeweeg. Sekerlik gaan Ek nie weer vleeslik kom nie, Ek kom terug in die Gees en sal met My Bruid verenig in die GEES. Sy sal dan soos Ek wees, want Ons is dan EEN. Julle wie die profete op julle hart geskryf het, sonder hierdie insig, gaan lees dit weer en laat toe dat My Trooster, wie nog onder julle, My Kinders, werksaam is, as Gees van Waarheid, laat toe dat Sy jou hart onderrig. Dit is deur die Bruid wat Ek My Koninkryk gaan oprig, My Bruid se fyn linnekleed is wit en sy dra skitter juwele. Sy is REIN, SAGMOEDIG, MINSAAM en openbaar die Sewe Geese in haar lewe. Julle wie die "kerk" ken, en hulle wie hulself daaraan deelagtig tel; is die kleed skoon, wit, sonder skeure en distels? Is haar Kuisheid bekend? Is sy nederig en sagmoedig? Is hul fokus op My, het hul LIEFDE vir My Kinders, ja ook My Verlorenes?

Kom luister na My Woorde wat Ek in hierdie laaste oomblikke vir julle gegee het. Hoe weet julle wat van My is? Die toets is waaragtig en maklik: KOM DIE WOORD IN LIEFDE, SPREEK DIT LIEFDE?" EK SAL NOOIT teen My Wese ingaan nie. EK IS Lig, Liefde, Lewe. Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Deelagtig is julle aan Duisternis as julle jul laat intrek in dit waarmee Duisternis besig is. Wees noulettend dat julle wie Ek opdrag gegee het om wêreldgebeure dop te hou, nie jul harte laat kontamineer daardeur nie. Dit begin as die fynste sweempie van dynserigheid en as julle nie oplet nie, is dit binnekort 'n mistigheid. Pasop dat julle nie oorval word deur 'n misbank en julle harte verdwaal nie.

My Bruid, Ek sien jou gesig, dit skitter! Jou oë brandend van Liefde. Daar is nog 'n traan in wanneer julle na binne kyk en aan julle tooisels werk, jul lampies nog meer olie ingooi. Hou aan om jul Geloof, Hoop en Liefde te vermeerder in My teenwoordigheid. Dit is die proses wat sal aangaan totdat Ek by julle ingaan. Moenie moed verloor nie! Ek IS LIEF VIR JOU, Ek het jou uitgekies, Jy is MYNE!

EK IS"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205